Bybelskool

Alfabetiese lys van Bybelboeke by Bybelskool.com

     

Comments (13)

  • Avatar

    Samantha

    |

    Hi ek is opsoek na n bybelkunde handboek vir die ou syllabus asseblief. Weet Udalk waar ek een kan kry asseblief. Dis dringend

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Nee, ek weet nie, maar miskien weet een van ons lede. Vra ook by facebook.com/bybelskool.

      Reply

  • Avatar

    frans

    |

    Chris is daar ‘n handleiding oor Esegiel wat jy vir lidmate kan aanbeveel. Groete. Dankie vir wonderlike werk.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Ek fokus in die tweede kwartaal, DV, self op Esegiël. Daarmee sal ek dan al die OT profete saam met ons lede deurgelees het. Die bydraes in die Bybel in Praktyk en Die Bybel Verklaar is altyd handig. Ek hou besonder baie van die NET Bible se kort kommentaar op die teks self, wat gratis beskikbaar is by YouVersion se uitmuntende Bybelvertalingshulpmiddel. Daar is natuurlik ernstiger kommentare, Leslie Allen s’n in die Word kommentaar reeks, is uitstekend, en selfs die ouer Tyndale kommentaar bydrae van John Taylor is bruikbaar. Ek hou ook van die gefokusde korter bydrae van FF Bruce in die een-volume Zondervan Bible Commentary reeks.

      Reply

  • Avatar

    Corene van der Merwe

    |

    Goeie more,
    Ek het ‘n vraag en wonder of iemand my dalk meer inligting kan gee. In die skrifgedeelte
    1 Kon 11:30 en 31 skeur Agija sy mantel in 12 stukke. Hy gee vir Jerobeam 10 stukke en vir Rehabeam 1 stuk. Wat het geword van die 12de stuk? Ek weet dit het te doen met die 12stamme van Israel, maar is nie seker hoe dit presies inmekaar pas nie. Dankie.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Corene – Agija laat Jerobeam tien stukke vat, en hou dus (sonder dat die skrywer dit eksplisiet so noem) die laaste twee stukke van die mantel. Dan sê Agija, met die twee stukke in die hand, dat net een stuk vir Rehabeam, Salomo se seun, gegee gaan word. Dit dui volgens sommige geleerdes daarop dat Agija waarskynlik bedoel dat die stam Benjamin (11de stuk) deel van Juda (12de stuk) sal word, soos dit inderdaad in die geskiedenis gebeur het. Geleerdes probeer só dus sin maak van die feit dat die laaste en twaalfde stuk, wat Juda voorstel, nie eksplisiet in die Hebreeuse teks genoem word nie. Maar, die teks bly selfs met só ‘n interpretasie steeds verwarrend, al het dit meriete, en al is dit histories só dat Benjamin deel van Juda geword het. Die Griekse vertalers (LXX) was bv. van die begin af bewus van die verwarring wat só ‘n manier van skryf kan veroorsaak, en het dus die teks vertaal asof dit twee stukke (11de en 12de) was wat aan Rehabeam, weliswaar op ‘n later stadium, oorhandig sou word.

      Reply

  • Avatar

    Corene van der Merwe

    |

    More Chris,
    Baie dankie vir jou terugvoer. Ons omgee-groep het nogal min of meer tot dieselfde gevolgtrekking gekom. Net lekkerder vir my om doodseker te maak of ons dit reg geinterpreteer het. Lekker dag en seen, vrede en ‘n goeie gesondheid wens ek jou toe.
    Groete, Corene.

    Reply

  • Avatar

    simone paulse

    |

    Kan u my meer uitlegging gee oor Josua hoofstuk 2? Ek sien die boek Rigters en Josau verskyn nie in die alfabetiese lys Bybelboeke nie.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi – my stof oor Josua is nog nie gereed nie. Jammer.

      Reply

  • Avatar

    Tinus du Plooy

    |

    Naand. Kan jy asb vir my dalk indien moontlik die verduidelikings van elke boek en hulle hoofstukke stuur.
    Dankie
    Tinus du Plooy

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Tinus, daar is 66 Bybelboeke en 1 189 hoofstukke. Ek het oor almal geskrywe, maar dit is nie in een publikasie nie. Jammer.

      Reply

  • Avatar

    Ronel Havinga

    |

    Goeiedag d. Chris
    Ek is op soek na n bybelstudie gids oor die hele Bybel wat ek op my eie kan doen. Ek is tans in UAE en opsoek na studiegids.
    Ook wil ek graag weet wat die verskil is tussen groot doop nen klein doop. So baie inligting se jy moet groot gedoop worden ander weer se jy moet as baba gedoop word. Ek is in die Hervormde Kerk gedoop as baba. Ek het al verskeie kommentaar gelees maar kry verskillende inligting. Byvoorbaat Dankie Ronel

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Magdalena – dankie! Jy is nie verkeerd nie. Die fisiese tempel het reeds verdwyn deurdat ons die geestelike tempel van die Heilige Gees is (1 Kor 6) en Openbaring tereg sê dat die fisiese tempel nie meer nodig is nie, want God is volledig daar in die nuwe hemel en nuwe aarde.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Waar studeer jy? Ek sal antwoord as ek my hand vinnig op antwoorde kan lê.

  • Avatar

    Jeanelle De Beer

    |

    Hi daar Chris, Ek is ‘n derdejaar onderwysstudent wat Bybelkunde skryf die 3de November, ek wil asseblief vra of ek ‘n paar vrae oor handeling vir u kan aanstuur, ons dosent gee ons nie die antwoorde op hierdie vrae nie, en ek wil seker wees van die feite, sodat ek versekerd voel oor die werk.
    Baie dankie!
    jeanelledebeer1998@gmail.com

  • Avatar

    Magdalena van Vuuren

    |

    Goeiedag…. Terwyl ek vanoggend Sagaria lees ‘GOOGLE’ ek paar woorde en plekke om veral verduideliking te verkry oor die 8 gesigte. U pragtige en duidelike uiteensetting aan die einde van Sagaria 6 het my geweldig gehelp om die boodskap daarvan te verstaan. Daar word tans so baie gepraat ook van tempel wat weer gebou gaan word en mense beplan selfs verhuising na Israel.
    Ook dat Israel steeds God se uitverkore volk bly. Ek glo nie dit gaan oor die stad Israel of sy mense nie.
    Openbaring 21:9 vertel my van ‘n nuwe Jerusalem en vers 22 ‘En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie……,,,
    Is ek verkeerd. ?
    Weereens dankie. Seëninge

  • Avatar

    Elmarie Allies

    |

    Baie, Baie dankie. Ds Chris

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Petrus, nee, Paulus het nie Jode wat Christene geword het, laat besny nadat hulle Christene geword het nie. Jode was reeds besny as hulle ouers getroue Jode was. Paulus het ‘n uitsondering gemaak met Timoteus, want Timoteus was nie as kind besny nie, al was sy ma Eunice ‘n Jodin. Sy pa was ‘n Griek, so dié het dit waarskynlik gekeer. Paulus laat hom daarom besny ter wille van die bediening aan die Jode, omdat hulle Timoteus sou verwerp het en nie na hom sou geluister het as hy nie as gebore Jood getrouheid aan die wet sou kon demonstreer nie. Paulus het immers self die wet nagekom tot sy dood deur die feeste by te woon en selfs te offer soos ons in Handelinge 21 lees. Dit was die ooreenkoms in Jerusalem dat Joodse Christene die wet sou nakom en heidense Christene net die vier dinge van die wet sou nakom wat met afgodery en onsedelikheid verband gehou het (Hand 15). Daarom is Titus nie besny nie (Gal 2), want hy was volledig Grieks van afkoms.

  • Avatar

    Petrus

    |

    Beste Chris – Die handelinge van Paiulus rondom die besnydenis is vir my verwarrend. Het hy Jode wat Christene geword het laat besny twv die Joodse gebruike en nie Jode nie laat besny nie agv die Christelike leer en vryheid?

Prontuit die Waarheid