PSALM 133

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
PSALM 133
1 ‘n Pelgrimslied . Van Dawid.
Kyk hoe goed, hoe mooi is dit
as broers ook saam woon.
2 Dit is soos kosbare olie op die kop
wat afloop op die baard,
die baard van Aäron,
wat afloop oor die kraag van sy klere.
3 Dit is asof die dou van Hermon
afkom op die Sionsberge;
want daar beveel die Here sy seën,
lewe vir altyd. (2020-vertaling)
Teks en konteks
Die ideaal van broers uit dieselfde uitgebreide familie wat eensgesind saamwoon op hulle gesamentlike erfporsie word hier gebruik as metafoor om die viering van die eenheid van die pelgrims van die verbondsgemeenskap in Jerusalem te beskryf: “Kyk hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon.”
Waar hulle uit alle rigtings bymekaar kom in Jerusalem en saam die Here in die verskillende feestelike liturgieë dien, illustreer hulle die onlosmaaklike band wat hulle in die Here met mekaar deel. Dit is die gom wat hulle dan ook weer saambind as hulle elkeen in sy eie rigting teruggaan na hulle eie stukkie van die grondgebied van Israel.
Dié eenheid is aan die een kant ‘n geestelike een wat beskryf word met die kosbare reukolie wat van die kop af in die baard van Aäron, die hoëpriester, tot op sy klere afloop. Dit verwys na die bevele van die Here in dié verband wat Aäron en sy seuns in hulle diens aan die Here gesalf het (Eks. 29:7; 30:23–25, 30; Lev. 8:12). Dieselfde het natuurlik ook by die salwing van die konings gebeur wat hulle roeping geestelik bevestig het.
Oral waar gelowiges dit dus regkry om hulle eenheid te bevestig het dit ‘n geestelike impak, nie net vir hulleself nie, maar ook vir hulle geloofsgemeenskap.
Dié eenheid is aan die ander kant ook iets wat ‘n impak op die gewone lewe het, soos uitgedruk met die metafoor van die spreekwoordelike oorvloedige dou van die Hermonberg – ‘n berg in Sirië noord van Israel – wat ook op die berge by Sion sal val.
Dit beteken dat die seën van eenheid het ook ‘n impak op die wyer gemeenskap. ‘n Mens kan selfs hieruit ekologiese en ekonomiese seën aflei.
Die punt is, waar mense dit regkry om eensgesind te leef met mekaar is daar ‘n ongelooflike seën, geestelik en andersins. Trouens, dit is iets wat jou eintlik ‘n voorsmakie van die ewige lewe gee, die lewe wat God aan ons skenk.
Boodskap en betekenis
Dié Psalm gee dus ‘n ongelooflike beeldryke ondersteuning vir die NT ideaal van eensgesindheid soos Paulus bv. aan die Filippense skryf: “Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing—2maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. 3Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.” (Fil. 2:1-4).
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021
- MARKUS 1:21-28
- DEUTERONOMIUM 18:9-22
- PSALM 11
- 1 KORINTIËRS 8:1-13
- MARKUS 1:29-39
- JESAJA 40:12-31
- PSALM 147:1-20
- 1 KORINTIËRS 9:16-23
- 2 KORINTIËRS 4:3-6
- 2 KONINGS 2:1-12
- PSALM 50:1-6
- MARKUS 9:2-8
- GENESIS 9:8-17
- PSALM 25:1-10
- 1 PETRUS 3:18-22
- MARKUS 1:9-15
- GENESIS 17:1-16
- PSALM 22:23-32
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25
- MARKUS 8:31-9:1
- 1 KORINTIËRS 1:18-25
- EKSODUS 20:1-17
- PSALM 19
- JOHANNES 2:13-22
- EFESIËRS 2:1-10
- NUMERI 21:4-9
- PSALM 107:1-3, 17-22
- JOHANNES 3:14-21
- HEBREËRS 5:5-10
- JEREMIA 31:31-34
- PSALM 51:1-11
- JOHANNES 12:20-33
- FILIPPENSE 2:5-11
- JESAJA 50:4-11
- PSALM 31:8-14
- MARKUS 14:1-15:47
- PSALM 22
- JESAJA 52:13-53:12
- HEBREËRS 10:16-25
- JOHANNES 18:1-19:42
- HANDELINGE 4:32-35
- PSALM 133
- 1 JOHANNES 1:1-2:2
- JOHANNES 20:19-31
- LUKAS 24:36b-48
- HANDELINGE 3:12-19
- PSALM 4
- 1 JOHANNES 3:1-7
Tags: Leesrooster 2021
Trackback from your site.
Bollie Liebenberg
| #
Ja, om te dink, dit is die NAAM van Jesus wat so kragtig en Heilig is, mag die Heilige Gees aans ons net meer en meer Sy Grootheid en Heiligheid bekend,sodat ons Hom ten volle kan ken!
Chris van Wyk
| #
Ek e-pos dit vir jou. Watter simbole verwys jy na?
Gerda
| #
Kan jy asseblief vir my hierdie 100 bladsye epos – ek wil weet waarom die simbole gebruik word – glo dit sal vir my duideik word uit u studie.
Baie dankie
David Cromhout
| #
Dankie Jesus vir die wonderlike vooreg om Wonders in U naam te mag doen Prys U naam
Chris van Wyk
| #
Ek maak so, Rence-Marié, Groete en seën.
Rence-Marié
| #
Beste Dr van Wyk
Sal u asseblief vir my d 4 evangelies langs mekaar stuur.
Baie dankie vir u werk
Groete
Chris van Wyk
| #
👍
Chris van Wyk
| #
Hi Hannes. Ek het gekies om daardie nie te hanteer nie, om mense nie te oorlaai nie.
Hannes
| #
Goeie dag Dr van Wyk
Jammer om te pla.
Die volgende Leesrooster 2021: Bybelskool bydraes vind ek nie. U hulp sal waardeer word.
Handelinge 10:34- 43, Jesaja 25:6-9, Psalm 118: 1-2,14-24 en Markus 16: 1-8.
Baie dankie.
Pippie
| #
Baie dankie vir die Bybelskool.
V23 lees ek nou anders – “as julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe” – om te vergewe is so belangrik