Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (3)

  • Avatar

    Vince Aslett

    |

    Ek het oral probeer n antwoord kry, en die beste resultate in n kommentaar was dat ons nie weet nie. As ek n wilde raai kans moet waag dink ek dat Paulus gedink het God stop hom waneeer iets persoonlik hom verhoed het om iets te doen, maar waneer iemand anders (Ongelowige) hom verhoed, dink hy dis Satan?

    Reply

  • Avatar

    Vinie Furstenberg

    |

    Ek stem saam, in Handelinge is dit duidelik dat waar die Heilige Gees en Gees van Jesus ter sprake is, God se plan om die Evangelie na Masedonië te laat uitdra die fokuspunt is.
    Het net gewonder of Paulus nie, terwyl hy nou die brief skryf, deur die Heilige Gees daarop gewys is dat sy eie begeertes en eie eer en trots(cf.Tes2:19) toe hy na Tes. wou gaan ,nog te veel op die voorgrond was en dat juis dit van Satan afkomstig was nie. Nou sien hy dit so in dat die rol wat Satan gespeel het hom eintlik teruggehou het . Rick Joyner in The Final Quest, maak nogal baie van die mantel van TROTS as werktuig in Satan se hande.

    Reply

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Gisteraand het ons ook hiermee geworstel en een van die beste voorstelle was dat dit eers met tyd duidelik geword het watter “agent” betrokke was, die Satan of die Gees. Ek het die teks weer mooi gaan lees, ook Handelinge 16, en het ‘n paar ekstra goed raakgesien:

    • In Handelinge 16 is die uiteindelike besluit wat om te doen deur die gemeenskap of leierskap geneem – Lukas praat deurgaans van hulle en ons. In 1 Tessalonissense 2-3 praat Paulus egter soms in die enkelvoud van ek (2:18;3:5) en meesal van ons, waarin hy meer prominent in die besluitneming voorkom.
    • In Handelinge 16 word die besluit in geloofsonderskeidende taal weergegee: “… ons tot die oortuiging gekom het …” (16:10). Die visioen speel ook ‘n bepalende rol. In 1 Tessalonissense 2-3 word dit nie so pertinent genoem nie. Interessant is dat Silas die gawe van profesie gehad het (15:32), wat ook moontlik in Troas ‘n rol kon gespeel het – maar wat het dan in Korinte gebeur daarmee? Let ook op hoe Lukas eers van “hulle” praat en dan van “ons”, wat aandui dat hy midde-in die besluitnemingsproses daar aangekom het.
    • In Handelinge 16 word die reis na Masedonië as ‘n roeping van God ervaar, terwyl in 1 Tessalonissense 3 volstaan Paulus-hulle met ‘n gebed dat God dit vir hulle nog sal moontlik maak om by hulle uit te kom (3:11).

      Dit help my egter nog nie regtig verder om te onderskei tussen die werk van God en die werk van Satan nie (natuurlik net volgens dié gedeelte – daar is ander helder tekste hieroor, bv. Joh 16:12; Hand 26:25; 2 Kor 6:6; Rom 5:5; 9:1; 14:17; Gal 5:22; 1 Joh 2:20 waar die werk van die Gees gekenmerk word deur waarheid, begrip, verdraagsaamheid, vriendelikheid, liefde, ‘n geheiligde gewete, gehoorsaamheid, vrede, vreugde, en die ander vrug van die Gees), want selfs wanneer jy op grond van ‘n terugblik ‘n mening uitspreek, is dit nog steeds ‘n vraag waarop jy jou mening begrond.

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    San-Mari Hattingh

    |

    Goeie Naand, kan ek ook asb die bostaande inligting kry.

  • Avatar

    Marelize

    |

    goeie middag ek het ook ‘n taak oor ballingskap , kan u asb vir my ook inligting stuur?

  • Avatar

    Suzette

    |

    Goeie more, kan u asb. ook bogenoemde epos met inligting oor ballingskap aan my stuur. Ek soek ook graag die naam van die boek vir verdere studie.
    Groete

  • Avatar

    Wilmeri Nel

    |

    Goeie naand,
    Ek het ‘n taak soos Jeanelle oor Ballingskap, sal u my asb kan help met meer inligting oor Ballingskap?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Jeanelle – ek het vir jou ‘n bietjie inligting gestuur direk na jou e-pos van ‘n boek wat ek het wat jou op die regte spoor kan plaas.

  • Avatar

    jeanelle

    |

    Goeie more,
    Ek moet vir ‘n taak skryf oor Ballingskap, ek moet verduidelik hoe God Ballingskap beeindig of beplan om te beeindig uit die ou testament, asook hoe dit vandag beeindig kan word. Ek moet ook ‘n voorbeeld van Ballingskap uit die ou testament verwys. Sal u my asseblief met die taak kan help?

Prontuit die Waarheid