This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export date: Wed May 22 10:46:36 2019 / +0000 GMT

1 Samuel 9 - 10 - God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes



Dit tref my dat so iets gewoons, soos 'n klomp donkies wat wegraak, 'n reeks gebeure aan die gang kan sit wat uitloop op die aanstelling van die eerste koning van Israel, Saul.  En darem ironies dat dit die slaaf is wat die drie gram silwer het waarmee hulle die siener-profeet wil betaal! En dan op meesterlike wyse lig die skrywer ons in dat Samuel al die tyd geweet het wat gaan gebeur, en gereed was vir die ontmoeting met Saul. Saul se karakter word met 'n paar pennestrepe getrek, en die prentjie maak gemengde gevoelens by 'n mens los.  Hy blyk nie baie inisiatief aan die dag te lê nie.  Hy het nie 'n groot dunk van homself of sy familie nie - of is dit maar net Midde-Oosterse beskeidenheid?  Hy kruip weg as Samuel hom aan die volk bekend stel.  En hy steur hom nie aan die kwaadwilliges wat hom met minagting behandel nie.  Miskien 'n aanduiding wat gaan kom, 'n koning wat hom laat lei deur wat ook al gebeur? Teenoor dié prentjie skyn die werk van God van agter die skerms deur.  Hy neem Samuel vooraf  in sy vertroue en gee hom opdragte oor Saul.  Hy praat  direk met Samuel as Saul voor hom verskyn.  Die Gees van die Here verander Saul se gesindheid en werk kragtig in hom.  God lig hulle in dat Saul wegkruip tussen die bondels goed.  En Hy roer die harte van 'n aantal dapperes om saam met Saul te gaan.

 

 


Post date: 2009-10-30 00:00:39
Post date GMT: 2009-10-29 22:00:39
Post modified date: 2009-10-30 00:00:39
Post modified date GMT: 2009-10-29 22:00:39

Powered by [ Universal Post Manager ] plugin. MS Word saving format developed by gVectors Team www.gVectors.com