Bybelskool
https://bybelskool.com/1-samuel-22-23-jonatan-bemoedig-dawid-in-sy-vertroue-op-god/
Export date: Sat Nov 16 20:52:34 2019 / +0000 GMT

1 Samuel 22-23 - Jonatan bemoedig Dawid in sy vertroue op God


Dit is tragies dat Agimelek se goeie daad aan Dawid tot die uitwissing van sy mense lei.  Net Abjatar kom vry.  Ons moet egter onthou dat daar agter die skerms 'n ander Een aan die werk is.  Die oordeel oor Eli se nageslag word  hiermee voltrek. Abjatar self sou 'n getroue priester in Dawid se diens bly, totdat hy die verkeerde seun, Adonia, as Dawid se opvolger sou ondersteun (1 Kon 1:7) en deur Salomo van sy priesterskap onthef word (1 Kon 2:27).  Die priesterlike voorregte van Eli se nageslag gaan van dié punt af oor op die Sadokiete. Let op hoe Dawid deur die Here gelei word om steeds teen die grootste Israeliese bedreiging, die Filistyne, op te tree, al is hy 'n vlugteling.  En soos Dawid telkens die Here bly raadpleeg, red die Here hom telkens uit gevaar.  Selfs Jonatan kom hom besoek om hom te bemoedig in sy vertroue op God.  Die gebeure by die Skeidingsrant is 'n treffende illustrasie van God se beskerming.  Dit laat my dink aan Psalm 23: "Hy lei my op die regte paaie ... Selfs al gaan ek deur donker dieptes ..."
Post date: 2009-11-11 00:00:09
Post date GMT: 2009-11-10 22:00:09

Post modified date: 2009-11-11 00:00:09
Post modified date GMT: 2009-11-10 22:00:09

Export date: Sat Nov 16 20:52:34 2019 / +0000 GMT
This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export of Post and Page has been powered by [ Universal Post Manager ] plugin from www.ProfProjects.com