Bybelskool
https://bybelskool.com/1-samuel-16-die-here-kyk-na-die-innerlike/
Export date: Mon Mar 25 7:51:46 2019 / +0000 GMT

WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike


Drie dinge val my op in die gedeelte:
  1. Dat die verandering van koningskap met die Gees te make het.  Met die salwing van Dawid is dit die Gees wat van die dag af  kragtig in hom werk, en juis die Gees wat Saul verlaat en deur 'n bose gees vervang word, interessant genoeg ook deur die Here gestuur; Alles hang van die Here af.
  2. Dat Dawid se verkiesing eers lank hierna tot sy werklike koningskap lei, waar hy erken word deur die hele volk; dis iets soortgelyks as wat met Samuel gebeur het, sy roeping kom eers 20 jaar na die ark geroof is tot volle ontplooiing.  Verandering neem soms lank, maar daarop moet met geduld en gehoorsaamheid gewag word, totdat die Here dit laat gebeur.
  3. Mense kyk na uiterlike dinge: voorkoms, lengte, dapperheid, welsprekendheid (let op hoe selfs Dawid beskryf word in vers 18) - God kyk na die innerlike.  Selfs Samuel het nodig dat die Here hom begelei om die verskil te kan raaksien om daarvolgens op te tree.  Die Here se keuses moet die deurslag gee, en nie ons eie insigte nie.
Post date: 2009-11-05 00:00:36
Post date GMT: 2009-11-04 22:00:36

Post modified date: 2009-11-05 00:00:36
Post modified date GMT: 2009-11-04 22:00:36

Export date: Mon Mar 25 7:51:46 2019 / +0000 GMT
This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export of Post and Page has been powered by [ Universal Post Manager ] plugin from www.ProfProjects.com