Bybelskool
https://bybelskool.com/1-samuel-11-vandag-het-die-here-uitkoms-gegee/
Export date: Sun Jun 16 18:41:27 2019 / +0000 GMT

1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee


Let op dat hierdie oorwinning die werk van die Gees van begin tot einde is.  Dit is die Gees wat kragtig in Saul begin werk en hy gee aan God die eer vir die oorwinning:
Vandag het die Here uitkoms gegee.
Dit is eintlik so logies, maar ons vergeet dit so maklik. Saul tree hier ook SAAM met Samuel op.  Hy kom van agter die osse af, waaruit 'n mens aflei dat koningskap nog nie na sy kop toe gegaan het nie.  Hy gebruik ook die osse om 'n helder boodskap aan die hele Israel en Juda te stuur, wat die twee dele van die volk agter hom verenig. Ek hou van die dubbelsinnigheid van die boodskap van Jabes aan Nagas die Ammoniet (afstammelinge van Lot se bloedskande met sy jongste dogter - Gen 19) - dit klink wanhopig, maar is eintlik strategies belangrik.  Dit laat hulle houtgerus vir Saul om hulle voor dagbreek te betrek. Die uiteinde van die geveg is nie net die afweer van die gevaar nie, maar ook die bevestiging van Saul se koningskap in Gilgal. Let ook op die grootmoedigheid van Saul waarmee hy sy teenstanders hanteer ... maar Gilgal sou ook die plek wees van sy eerste ongehoorsaamheid, net 'n jaar of twee later.
Post date: 2009-11-02 00:00:29
Post date GMT: 2009-11-01 22:00:29

Post modified date: 2009-11-02 00:00:29
Post modified date GMT: 2009-11-01 22:00:29

Export date: Sun Jun 16 18:41:27 2019 / +0000 GMT
This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export of Post and Page has been powered by [ Universal Post Manager ] plugin from www.ProfProjects.com