Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (3)

  • Avatar

    Tokkie

    |

    Chris, ‘n dom vraag: Nadat ek alles gelees het van die afgelope paar dae, het die vraag by my opgekom: As baie van die uitsprake Paulus se eie mening is, kan ons dan nog aanneem dat “die Bybel as God se Woord” so se? Ons het geleer en het ons kinders geleer dat dit God se uitsprake is bv. dat dit goed is om nie te trou nie ens. Verstaan ek dit reg? Tokkie

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Die Bybel is God se Woord in mensetaal. Daarom kan ons dit aan die een kant as openbaring van God se wil neem, maar aan die ander kant ook bv. ‘n ontwikkeling in gedagtes onderskei rondom, sê nou maar, hoe om sonde te hanteer.

      • Volgens die wet kon jy mense doodmaak vir oortredings soos owerspel, selfs gesinne doodmaak, as iemand hom verryk met oorlogsbuit as God bepaal het dit moet vernietig word (Agan).
      • Dit doen ons nie meer nie, onder andere weens die liefdesgebod wat Jesus ons kom gee het.

      Die wet bly egter steeds die Woord van God, maar omdat dit in mensetaal is, en daar ontwikkeling was in die openbaring wat God gegee het, kom ons die liefdesgebod na en wis ons mense nie meer uit wat oortree het nie (kyk bv. na Joh 8 – vrou wat in owerspel gevang is – wat Jesus vergewe en beraad, maar nie stenig nie). Gesinne word ook nie meer saam met die oortreder gestraf nie, omdat Jeremia en Esegiël dit al “voor Christus” geskryf het, dat elkeen vir sy eie sonde gestraf moet word.
      Dit geld ook Paulus se briewe, meer nog, waar hy spesifiek sê dat iets sy eie mening is, soos in 1 Kor 7 (iets wat hy nie baie doen nie, moet ‘n mens bysê!). Dit bly dus die Woord van God, maar daardie gedeelte is in “Paulus”-taal, en daarom nie op een gesaglyn met ander uitsprake nie, bv. dit wat hy skrywe in 1 Kor 13 oor die liefde.
      Die Woord se eie uitsprake hieroor help ons nog verder om te onderskei tussen die dinge wat in die hart van ons geloof staan – die opstanding van Jesus en die liefdesgebod bv. – en die dinge wat op die periferie staan – wat ons eet, aantrek, vier ens (Rom 14-15 praat bv. daaroor).
      Maar, en dit is belangrik, selfs wanneer die Woord dus vir ons die vryheid gee om ons eie idees oor goed te vorm, en van mekaar daaroor te verskil, oor dié dinge wat nie so belangrik is nie, bly dit ook nog steeds die Woord van God.
      Die Woord van God is dus nie ‘n statiese dokument van bevele wat vir tyd en ewigheid dieselfde bly nie. Dit is kompleks, dinamies, spreek ons op verskillende maniere aan op verskillende tye in ons lewe en in verskillende situasies.
      Daarby moet ons ook nog rekening hou met die feit dat God met ons praat deur die Woord, en die Woord (ek bedoel nou in die sin van die Bybel, nie in die sin van God nie, soos Johannes 1 daaroor praat) nie self God is nie … maar daaroor miskien ‘n ander dag!

      Reply

  • Avatar

    Louise Louw

    |

    Chris, Baie dankie, ons is tans juis besig met Korintiers in ons daaglikse stiltetyd. Dit is net so oorweldigend verdoemend op paar plekke dat ek angsbevange raak en eintlik nie heeltemal alles inneem nie. My eerste man het gedrink, so dit val nie onder punt 1 van jou bespreking nie, maar soos jy se volgens 1 Kor 7:27 is beide ek en my man vrygespreek. Dankie dat jy dit benadruk.

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Susan Liebenberg PTA

    |

    Al wat ek hierop wil antwoord is Amen Amen!
    Dankie vir hierdie oulike webwerf.
    Wees geseend in die Here.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Babelie – ja! Heerlik om te hoor en te gesels met “my se mense”. Moet regtig ‘n slag kuier. Groete en geniet die materiaal.

  • Avatar

    Babelie Vlok

    |

    Chris

    Ek weet nie of jy my sal onthou nie. Ek is Nico (Annalina) van Stellenbosch se vrou. Ek wil net vir jou dankie sê vir jou insig en lering. Ek het ‘n Bybelstudiegroep by die ouetehuis en vind geweldig baat by die lesings oor Romeine.

    Mag die Here jou ryklik seën

    Babelie

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Ons gereformeerde vaders het groot insig en wysheid gehad toe hulle die belydenisskrifte opgestel het.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Gail. Die Bybel praat nie van ‘n kategorie van gelowiges wat “salwers” is nie. Van die profete het bv konings gesalf vir hulle taak, maar dit was ‘n funksie van hulle amp as profeet in opdrag van die Here. Niemand is só gebore nie. Dit gebeur ook nie vandag nie.

  • Avatar

    Gail

    |

    Goeie dag Chris, Ek wil graag weet hoe ‘n mens sal kan sien wanneer ‘n persoon ‘n salwer is?
    Word so ‘n persoon gebore om een te wees? Kan’n sewe jare ‘n salwer wees? My dogter se pastoor het vir haar gesê dat my sewe jarige kleinseun ‘n salwer is. Kan ek asb. vra waar in die bybel dit staan dat kinders as salwers gebore word. Baie dankie.

  • Avatar

    Saretta Dawson

    |

    Dankie, hierdie gedeelte was in antwoord op vrae waarmee ek sommer besig was om oor te dink of te probeer uitpluis.

  • Avatar

    Louise Louw

    |

    Chris, Baie dankie, ons is tans juis besig met Korintiers in ons daaglikse stiltetyd. Dit is net so oorweldigend verdoemend op paar plekke dat ek angsbevange raak en eintlik nie heeltemal alles inneem nie. My eerste man het gedrink, so dit val nie onder punt 1 van jou bespreking nie, maar soos jy se volgens 1 Kor 7:27 is beide ek en my man vrygespreek. Dankie dat jy dit benadruk.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Louise, nee, alles is nie vir jou verlore nie.

    Om jou te help onderskei:

    1. God haat egskeiding en wil hê dat ons getrou bly aan mekaar soos die 7de gebod dit uitspel. Daar is uitsonderings, bv as daar owerspel is (Matt 19:1-10), as daar kwaadwillige verlating of geweld is (Deut 21:10-14), as die ongelowige van die gelowige skei (1 Kor 7:15).
    2. Egskeiding weens hierdie uitsonderings is dus toelaatbaar en stel mense vry om weer te trou (Deut 24:2). ‘n Huwelik met die eerste gade is egter ontoelaatbaar (Deut 24:4).
    3. Daar is ‘n goeie saak uit te maak daarvoor dat ‘n mens ongetroud bly ná só ‘n mislukte huwelik ter wille van die koninkryk (1 Kor 7:27).
    4. Egskeiding om enige ander rede as in punt 1 is sondig en moet bely word voor die Here. God is getrou en regverdig om ons te vergewe en te heilig ook van sulke sondes (1 Joh 1:9).
    5. Indien ‘n mens tog wel weer trou – onthou 1 Kor 7:27 – bly die vergifnis geldig. Die egskeiding word nie teen jou gehou nie.

Prontuit die Waarheid