1 en 2 Timoteus
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
RUS
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
HOOR
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
- Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012 - December 9, 2011
- 1 en 2 Timoteus - February 13, 2012
- 1 Timoteus 1:1-20 – ‘n Lewe in geloof wat pas by die gesonde leer
- 1 Timoteus 2:1-15 – ‘n Lewe in gebed deur mans en vrouens - February 14, 2012
- 1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter - February 15, 2012
- 1 Timoteus 3:14-4:16 – Die gemeente as draer en beskermer van die waarheid - February 16, 2012
- 1 Timoteus 5:1-25 – Om met oorleg mekaar te onderskraag - February 17, 2012
- 1 Timoteus 6:1-21 – Rykdom in God is die enigste belegging wat sal hou - February 20, 2012
- 2 Timoteus - February 24, 2012
- 2 Timoteus 1:1-18 – Getrou aan die evangelie
- 2 Timoteus 2:1-26 – Getrou aan Jesus Christus - February 27, 2012
- 2 Timoteus 3:1-17 – Getrou aan die Woord - February 28, 2012
- 2 Timoteus 4:1-22 – Getrou aan jou roeping - February 29, 2012
Charl van Rensburg
Ek het my password en kodes vergeet om in te gaan. Kan ju dalk help asb
Chris van Wyk
Ek sal dit vir jou e-pos.
Andries
Kan u my dalk sê waar skryf Paulus, “die dinge wat ek wil doen, doen ek nie”?
Chris van Wyk
Dit is in Romeine 7. Hier is ‘n skakel na wat ek daaroor te sê gehad het: Romeine 7 – Die Gees is die agent van verandering, nie die wet nie.
Petrus
Beste Chris
Dankie, dit maak vir my sin.
Steeds vreemd maar meer verstaanbaar en logies.
Mooi dag en Vrede vir die Christusfees!
Chris van Wyk
Dieselfde vir jou, Petrus.