Bybelskool

Jesaja

Support independent publishing: Buy this e-book on Lulu.

Johannes

Support independent publishing: Buy this e-book on Lulu.

Hooglied

Support independent publishing: Buy this e-book on Lulu.

Spreuke

Support independent publishing: Buy this e-book on Lulu.

Prediker

Support independent publishing: Buy this e-book on Lulu.

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Opmerkings (4)

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek het ‘n navraag gekry oor wanneer die boek Spreuke saamgestel is. Hier is ‘n paar opmerkings: sommige van die spreuke kan teruggevoer word na die 12de eeu vC (aangepaste spreuke van Amenemope van Egipte in hfst 22:17-23:11, wat deel uitmaak van die woorde van die wyses in 22:17-24:22, en 24:23-34, hoewel hulle werk moontlik eers baie later gefinaliseer is), ‘n groot deel na Salomo in die 9de eeu vC (hfst 10-22:16), nog ‘n groot aantal na Hiskia in die 7de eeu vC, wie se amptenare nog ‘n skat van Salomo se spreuke versamel het (hfst 25-29). Ander is ongedateer (hfst 30-31, dié van Agur en Lemeul), en die inleiding (hfst 1-9) is aan die einde van die proses bygevoeg. Die boek is bekend in sy huidige gedaante van die 5de vC af, na die ballingskap van die 6de eeu vC. Dit beteken die boek soos ons dit ken, waarskynlik gefinaliseer is in die tyd van die ballingskap in Babel, ‘n tyd waarvan ons weet dat daar groot redaksiewerk aan die Pentateug, die Historiese boeke, die Psalms, en van die profete (Jesaja, Jeremia, Esegiël) gedoen is. Dit het dus oor meer as 5 eeue gestalte gekry voordat dit in die kanon van die OT, soos ons dit ken, opgeneem is.

    Reply

  • Avatar

    Fanie van Emmenes

    |

    Baie dankie vir die studie oor die Boek Spreuke. Ek het dit werlik geniet. Is sommer geinspireer om baie van die Spreuke weer te memoriseer.
    Vir my persoonlik is die uitstaande teks Spr.9:10:
    “Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig”.
    Sien uit na die volgende studie.

    Reply

  • Avatar

    Chris van Wyk on Facebook

    |

    Fanie van Emmenes commented on Bybelskool:

    Baie dankie vir die studie oor die Boek Spreuke. Ek het dit werlik geniet. Is sommer geinspireer om baie van die Spreuke weer te memoriseer.
    Vir my persoonlik is die uitstaande teks Spr. “Lees meer …”

    Reply

  • Avatar

    Le-Deen

    |

    Dit is hoekom ek die boek weer en weer en weer kan lees… Ekk streef om ‘n vrou van Spreuke 31 te wees.
    Ek bid elke dag die Vader my sal help daarmee.

    Reply

Maak 'n opmerking

Recent Comments

  • Avatar

    Ekleer

    |

    Sjoe – ek raak sommer opgewonde om so die woord te ondersoek! In die tempel het geen hoe priester ‘n sitplek gehad nie, maar deur dat God Jesus uitnooi om te kom sit aan Sy regterhand (ps 110:1) beteken dat Hy Jesus as offer aanvaar het (Heb 10:12)

  • Avatar

    Fanie van Emmenes

    |

    Dankie Chris vir hierdie insig gewende stukkie. Dit laat ‘n mens net weer besef dat die ou Formuliere van Eenheid soos die Dortse leerreels, wat jy aanhaal, nog net so relevant is vir ons in 2014.
    Groete
    Fanie

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek hou van die manier waarop William Lane dit sê: “If those who have enjoyed a full and authentic Christian experience should then fall away, a renewal to repentance is impossible” (Word Biblical Commentary: Hebrews 1-8). Let op die “if” en die “should“, want die skrywer dink nie só iets is regtig moontlik nie. Hy sê wel: “Dit is immers onmoontlik om hulle wat eenmaal verlig is, wat die hemelse gawe gesmaak, en deel gekry het aan die Heilige Gees, en wat die goeie woord van God gesmaak, en ook die kragte van die komende bedeling, en tog afvallig geword het, weer opnuut tot bekering te bring, aangesien hulle wat hulleself betref, die Seun van God opnuut kruisig en openlik tot skande maak,” (Hebr 6:4-6 in BDV). Hoekom sou ons dit só erg wees, as ‘n mens ter wille van die argument sou bedink? Want dit sou beteken dat die lewende God aktief teengestaan word. Maar, dit is iets wat eintlik nie kan gebeur nie. Daarom sê die skrywer: “Maar selfs wanneer ons só praat, geliefdes, is ons, wat julle betref, oortuig van beter dinge wat betrekking het op verlossing.” (Hebr. 6:9).

    Die Dordtse Leerreëls sê daarom die volgende:

    • Die Sinode verwerp die dwaling van hulle wat leer: Nie elke uitverkiesing tot saligheid is onveranderlik nie, maar sommige uitverkorenes kan verlore gaan en gaan inderdaad ook vir ewig verlore, nieteenstaande enige besluit van God. Die Sinode leer: Met hierdie growwe dwaling maak hulle God veranderlik en vernietig die troos wat die vromes uit die vastigheid van hulle uitverkiesing put. Ook weerspreek hulle die heilige Skrif wat leer dat die uitverkorenes nie verlei kan word nie (Matt 24:24); dat Christus almal wat deur die Vader aan Hom gegee is, nie sal verloor nie (Joh 6:39), en dat God die wat Hy vantevore verordineer, geroep en geregverdig het, ook verheerlik het (Rom 8:30). (Hoofstuk 1, Verwerping punt 6)
    • Wanneer hulle so in die sonde val, bewaar God eerstens in hulle sy onverganklike saad waaruit hulle weergebore is, sodat dit nie vergaan of vernietig word nie. Tweedens vernuwe Hy hulle deur sy Woord en Gees seker en kragtig tot bekering. Die gevolg is dat hulle oor die sondes wat hulle gedoen het van harte en volgens die wil van God berou het en deur die geloof, met ‘n gebroke hart, vergifnis in die bloed van die Middelaar begeer en verkry. So besef hulle weer die genade van God wat nou met hulle versoen is, aanbid hulle sy ontferming en trou om daarna met groter ywer hulle eie heil met vrees en bewing uit te werk.(Hoofstuk 1, Verwerping punt 7).
    • Die Sinode verwerp die dwaling van hulle wat leer: Die ware gelowiges en wedergeborenes kan nie alleen heeltemal en onherroeplik uit die regverdigende geloof, die genade en saligheid uitval nie, maar val inderdaad ook dikwels daar uit en gaan vir ewig verlore. Die Sinode leer: Hierdie opvatting maak juis die genade van die regverdiging en die wedergeboorte en die voortdurende bewaring deur Christus kragteloos. Dit is ook in stryd met die nadruklike woorde van die apostel Paulus: As Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was, veel meer dan sal ons, noudat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn (Rom 5:8,9), en van die apostel Johannes: Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore (1 Joh 3:9). Net so is dit in teëspraak met die woorde van Jesus Christus: Ek gee my skape die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My Vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal: en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie (Joh 10:28,29). (Hoofstuk 5, Verwerping punt 3)
  • Avatar

    Elsie

    |

    Besig met bybelstudie oor Hebreers, nou besig met 6:13 -20.
    Het die intermezzo soos beskryf deur Andrie du Toit moeilik gevind m.b.t. die waarskuwing dat iemand wat afvallig raak nie weer tot bekering kan kom nie.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Die BDV vertaal: “en Hy is verhoor uit sy angs.” Die Griekse woord eisakouo wat met “verhoor” vertaal is, word op ander plekke met “luister” of “hoor” en een keer met “gehoorsaam” weergegee. In dié konteks word dit met “verhoor” vertaal, omdat dit die betekenis dat God geluister het net na Jesus die beste oordra. God het op twee maniere hierop geantwoord:

    1. Hy het Jesus die krag gegee om aan die kruis te volhard totdat Hy kon sê: “Dit is volbring.
    2. Hy het ook Jesus uit die dood opgewek, waarmee Hy Jesus se vrees vir die dood nie net weggeneem het nie, maar sommer die dood as ‘n verskrikking vir elkeen wat in Hom glo weggeneem het.

    God het dus inderdaad vir Jesus uit sy angs verhoor!