Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei.

I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (14)

  • Avatar

    Alida Britz

    |

    Wil graag n vraag vrae… kan iemand jou salwing steel?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Die kort antwoord is nee. Niemand kan wegneem wat God gee nie.

      Reply

    • Avatar

      Lindé

      |

      Kan enige iemand salf? En hoe weet jy as iemand jou salf of dit opreg is?

      Reply

      • Avatar

        Chris van Wyk

        |

        Regdeur die Bybel word salwing meesal deur gesalfdes gedoen, dws mense wat aangestel of erken is as mense wat ander kan salf.  Bv. profete of leiers, wat self gesalf of aangestel/geroep is vir die taak wat hulle uitvoer (Moses, Elia, Elisa ens.), wat ander salf vir hulle roeping.

        Jakobus sê bv. in die NT dat ouderlinge, dws mense wat deur die geloofsgemeenskap verkies is tot ‘n meer amptelike funksie van opsig en versorging, ‘n besondere taak in gebede vir siekes het, wat met salwing gepaard kan gaan: “As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. “(‭Jak. 5‬:‭14‬).

        Maar, daar is uitsonderings, soos Maria van Betanië wat Jesus met nardusolie gesalf het met die oog op sy begrafnis (Joh. 12).  Sy was een van sy vertrouelinge en vriende wat ‘n besondere voorbereidende rol gespeel het in sy pad na die kruis, die hart van Jesus se selfverloënende pad om ons te verlos van ons sonde.

        Hoe weet jy dit is opreg? Wanneer dit duidelik blyk dat dit in gehooraamheid aan God gedoen word, bv. deur die belofte van die Here aan te gryp (Jak. 5) of deurdat dit binne ‘n spesifieke verhouding gebeur (Joh. 12), en uiteraard ook of dit deur die Here geseën word in die lewe van die “gesalfde”.

        Reply

        • Avatar

          manual

          |

          Ek verstaan nog nie die SALWING nie…. beteken dit wonders? Of is dit net om te salf

          Reply

          • Avatar

            Chris van Wyk

            |

            Salwing is net ‘n simbool van wat God doen.

            Reply

  • Avatar

    Bard Stoltz

    |

    Hi daar. Ek.is n Christen, en al gesien en beleef hoe die Heilige Gees my al gelei het. Ek het n gesprek gehad met n ander gelowige, oor die rykdom van veral bekende Christen predikers wat n magdom DVDs en boeke verkoop, en byna elke dag op TV is. Ek voel nie gemaklik met die groot huise, en selfs die een persoon wat n Rolls Royce besit nie. Dit is teenstrydig met wat die nuwe testament se. Jesus selfs se gee alles aan die armes. In my persoonlike opinie, voel ek dat n prediker nie arm hoef te wees nie, maar as ek sien sy lewens kwaliteit is so hoog, dan maak dit my ongemaklik. Ek was aangese ek mag die die gesalfdes van die Here so aanval nie. Dit was nie n aanval nie, ek bevraagteken gesalfde in hierdie konteks. Enige raad of verwysings sal gaaf wees. Dankie

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Lees die artikel van David Jones hieroor: 5 Errors of the Prosperity Gospel vir ‘n goeie inleiding daarop.

      Hy haal onder andere vir Charles Spurgeon aan wat gesê het: “I believe that it is anti-Christian and unholy for any Christian to live with the object of accumulating wealth. You will say, ‘Are we not to strive all we can to get all the money we can?’ You may do so. I cannot doubt but what, in so doing, you may do service to the cause of God. But what I said was that to live with the object of accumulating wealth is anti-Christian.

      Hy wys onder andere die volgende probleme met ‘n Voorspoedsteologie uit:

      1. Die Abrahamitiese verbond word misbruik asof dit altyd materiële voorspoed vir gelowiges beteken. Materiële seën is egter maar net een van die dinge wat God kan gee en Hy gee dit nie vir almal nie. Welvaart is daarom nie per se gelyk aan God se seën nie. Soos Jesus sê, afhanklikheid van God, sagmoedigheid, treur oor die onreg in die lewe, vervolging omdat jy doen wat reg is, is alles deel van God se seën (Die Bergrede Matt. 5)!
      2. Jesus se versoening word misbruik asof dit jou vrymaak van die “sonde van materiële armoede“. Armoede (en volgens sommige ook siekte) is dus sonde volgens dié teologie. Dit is ‘n baie destruktiewe verdraaiing van die evangelie. Dit is immers ook die armes wat geseëndes van God is, soos Jesus in die Bergrede volgens Lukas 6 uitlê.
      3. Die boodskap word verkondig dat as jy dankoffers gee, sal God jou noodwendig materieël seën. Volgens berigte is dit waarskynlik hoe voorspoedspredikers ryk word. Dankoffers is wel geestelik reg, maar nie om daarmee self te probeer ryk word nie!
      4. Geloof word verstaan as ‘n geestelike krag wat noodwendig tot (materiële) voorspoed lei. Dit is lynreg teenoor die Bybelse verstaan van geloof as iets wat God in ons werk. Geloof is om God se koninkryk te soek en Hom te vertrou vir kos en klere (Matt. 6:33).
      5. Gebed word verstaan as ‘n instrument wat God “dwing” om vir jou (materiële) voorspoed te gee. Dit is lynreg teenoor Jak. 4:2 se verbod op gebed vir selfsugtige begeertes. Ons moet eerder die Ons Vader bid; “Gee ons vandag ons daaglikse brood.” (Matt. 6:11).

      David Jones en Russell Woodbridge het ook ‘n boek geskryf hieroor: Health, Wealth, and Happiness: Has the Prosperity Gospel Overshadowed the Gospel of Christ? (Kregel, 2010) wat jy kan raadpleeg vir meer inligting.

      Reply

      • Avatar

        Bard Stoltz

        |

        Baie dankie vir die goeie insig. Dit het my vraag in n redelike grootmaat beantwoord. Ek sal ook die artikel gaan lees. Groot waardering!, Bard

        Reply

  • Avatar

    Tommie

    |

    Goeie middag. Kan man en vrou mekaar salf vir gesondheid?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Solank ‘n mens net nie dink die olie het magiese krag nie, kan dit as ‘n simbool gebruik word as ‘n mens vir mekaar bid. Dit is die Here wat genesing gee.

      Reply

  • Avatar

    Anita Frylinck

    |

    Goeienaand. Daar is mense wat glo dat mens in iemand se afwesigheid n voorwerp, n lap of papier, kan salf en daarmee saam hande kan ople op iemand wat vir die persoon instaan, dan die voorwerp in die persoon se bed of kamer plaas. Dit alles sonder die medewete van die persoon. Byvoorbeeld vir die persoon vir wysheid om die regte besluit te neem. Ek stem nie hiermee saam nie. Is ek verkeerd?

    Reply

  • Avatar

    Anita Frylinck

    |

    Baie dankie. Ek waardeer.

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Saartjie. Dankie vir die getuienis. Die Here bly getrou, selfs in die moeilikste omstandighede denkbaar.

  • Avatar

    Saartjie

    |

    Die Here kom gee vir ons as gesin verlede week Ps 91 en Hy weer ‘n plaasaanval af wat ons later hoor eintlik vir ons bedoel was. Net ‘n wonderwerk dat niemand seergekry het met 8 vermeende aanvallers wat met ander plaasmoorde en aanvalle verbind word. Vers 9 en 10 kry vir ons betekenis en ons rus in die wete dat as die Here jou toevlug is , as die Allerhoogste jou skuilplek is sal geen kwaad jou tref ,en geen ramp naby jou tent kom nie… Die getuienis van Corrie ten Boom het my so aangeraak .. Daarom deel ek hierdie ..net miskien iewers is iemand wat ook soos ek net hierdie Ps op hierdie oomblik nodig het…Vertrou God met jou beskerming!

  • Avatar

    Fanie van Emmenes

    |

    As ek bostaande lees, verbly ek my opnuut oor Jesus Christus en die geregtigheid wat deur die geloof in Hom ons deel word.
    Ek wil bykans saam met Retief Burger sing: Ek sien ‘n kruis——–.

  • Avatar

    Elsie Ceronio

    |

    Dankie vir die samestelling van so ‘n belangrike aspek vir my as christen om te weer te hoor dat daar twee kante is.
    Vrede

  • Avatar

    Ernst

    |

    Dankie Chris.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Leana. Jy kan die vorige Bybelboeke se bydraes lees by die Bybelboeke spyskaart item.

  • Avatar

    Leana Weyers

    |

    Baie dankie vir die inligting. Kan ek asb vra waar ek die boeke wat reeds behanel se inligting aflaai. Ek is nuut en wil graag daardie inligting inwin.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Ernst. Die vierde gebod word Bybelsgesproke deur twee goed gemotiveer.

    • Israel moes die sabbatdag vier, om hulle te herinner daaraan dat God alles goed gemaak het, soos Hy op die sewende dag gerus het na al sy werk aan die skepping (Eks. 20). Met die viering van die sabbatdag het hulle erkenning aan God gegee vir alles wat Hy gemaak het.
    • Israel moes ook die sabbatdag vier, om hulle te herinner daaraan dat hulle God se volk is, soos God hulle uit die slawerny van Egipte verlos het (Deut. 5). Met die viering van die sabbatdag het hulle erkenning aan God gegee vir die verlossing wat hulle in die regte verhouding met God gebring het.

    Die NT beskou die sabbatdag as ‘n skaduwee van wat sou kom. Die werklikheid is Christus. Dié wat dus in Christus is, vier hulle afhanklikheid van God elke dag, nie net op een dag nie. Hulle vier ook hulle rus van die sonde elke dag, nie net op een dag nie. Hulle het dus nie meer nodig om een dag bó ‘n ander te vier nie, hoewel hulle welkom is om dit te doen, en dit ‘n gesonde ritme van rus en werk kan skep. Niemand mag Christene egter voorskryf daaroor nie.

    Drie NT Skrifgedeeltes dra dié boodskap.

    • Paulus sê: “Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie. Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus. Moenie dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink, en hy hou nie aan die hoof, aan Christus, vas nie. Uit Christus groei die hele liggaam, ondersteun deur die gewrigte en saamgebind deur die spiere, soos God dit laat groei.” (Kol. 2:16-19).
    • Paulus sê ook: “Aanvaar die een wat in die geloof swak is, sonder om met hom te stry as sy opvatting van joune verskil … Vir die een is een dag belangriker as ander dae; vir ’n ander is alle dae ewe belangrik. Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting. Die een wat ’n bepaalde dag op ’n besondere wyse hou, doen dit tot eer van die Here … Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes. Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, want daar staan geskrywe: ‘So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.’ (Jes. 45:23). Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.” (Rom. 14:1-12).
    • Die Hebreërskrywer skryf: “Daar wag dus nog steeds ’n sabbatsrus vir die volk van God, want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne. Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand hulle voorbeeld van ongehoorsaamheid navolg en ook omkom nie.” (Hebr. 4:9-11).

    Paulus het op sy sendingreise saam met die Jode die sabbatdag gevier in ‘n poging om die evangelie aan hulle te verkondig. (Hand. 13:42 44; 16:13; 18:4). Saam met die Christene het hy egter die eerste dag van die week gevier met nagmaal, in herinnering aan die kruisdood en opstanding van die Here Jesus, en die ander kerklike dinge, soos die insamelinge van die dankoffer, nagekom (Hand. 20:7; 1 Kor. 16:2).

    Dit lê agter die ontwikkeling in die Christelike kerk om op Sondag bymekaar te kom eerder as op die sabbatdag.

  • Avatar

    Ernst

    |

    Chris maar hoe verstaan mens dan dat die Bybelse Sabbat (7de dag) nie meer gehou word nie? Dis tog deel van die 10 gebooie.

    Dankie ek hoor graag jou verduideliking.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie André. Ja, wanneer ons oop raak vir God om deur sy Woord met ons te praat, dan word ons meegesleur deur sy teenwoordigheid om ons roeping as sy kinders te kan vervul. Dit is ‘n avontuur!

%d bloggers like this: