Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Avatar

    Helene Kruger

    |

    Hallo Chris
    ek het geruime tyd gelede ingeteken op die Studie kursus maar moet eerlik bely dat ek nog nooit daarby uitgekom het nie. ek glo en getuig met my hele hart dat Jesus my verlosser is en die Seun van God maar ek vind dat ek sukkel om vir lank te lees sonder dat my gedagtes dwaal. nadat ek dan ‘n hele hoofstuk gelees het weet ek nie wat daarin staan nie. ek vind dit baie makliker om na ‘n Prediker te luister wat oor ‘n sekere onderwerp praat en dan tekse aanhaal om dit te staaf. alhoewel ek nog nooit gevoel het dat ek met die Heilige Gees gedoop is nie (ek is kleintyd in die NG Kerk gedoop en is nou al 67) voel ek elke dag meer en meer die begeerte om soos Jesus te leef en God se Wil te doen. dit maak dat daar verskille tussen my en my man kom want hy verstaan nie dat ek graag ‘n tiende wil gee nie. ek het nie ‘n inkomste nie. maar het Jesus nie duidelik gestel dat Hy sulke verskille (onenigheid) tussen mense sal bring nie? ek glo ook dat God die regering in die land daarstel en dat ons gehoorsaam aan die landswette moet wees maar dat ons elke dag moet bid dat daar ook herlewing in hulle harte sal plaasvind. ek het ook gelees dat ons ernstig moet bid voor ons gaan stem en dat die HG aan ons moet openbaar vir wie ons moet stem. ons moet nie na kandidate se mooi reklame luister nie. my man glo weer as jy wit is stem jy vir ‘n wit regering en as jy swart is vir ‘n swart regering. wat is wit en wat is swart. dit voel vir my net asof my lewe deurmekaar gekrap is vandat ek heilig probeer leef want my man glo nie dat ‘n mens heilig kan wees nie. sê Jesus dan nie uitdruklik “wees Heilig, want Ek is Heilig” nie? vir my beteken dit om my te distansieer van dinge wat my in versoeking kan bring om kwaad te doen. is ek reg? sal ek werklik hierdie Heiligmaking beleef as ek my laat groot doop? ek wil so graag vir Jesus dien omdat ek Hom liefhet en nie net omdat ek Hom nodig het nie.

    Helene

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hallo Helene – die groot doop sal jou nie heiliger maak nie, net n innige verhouding met Jesus Christus self. Volhard met jou lees van die Bybel, wees gehoorsaam aan die lig wat jy ontvang, en heiligmaking sal deur God self vir jou gegee word. Groete, Chris

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Philip

    |

    Ek stem saam met jou wat jy geskrywe het glo dat van die homoseksuele mense dit sal lees hoop so en hulle bekeer en die sonde laat staan

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    In jou beskrywing van die liefde lê alreeds die antwoord opgesluit. Sonder ‘n beskrywing weet ons nie wat is liefde nie. Ons het ‘n maatstaf nodig of onderafdelings of voorbeelde aan die hand waarvan ons dit kan beskryf. En ‘n mens kan dit óf met jouself en jou eie ervaring as referent of maatstaf beskryf. Óf jy kan die Bybel se openbaring van die liefde, beide in die persoon van God en in sy riglyne vir die lewe, as referent of maatstaf beskryf. Hoewel ‘n mens kan verskil oor ‘n naelring, sal sy moeilik kan verantwoord hoe die Here sou kon reken dat sy met ‘n naelring haar liggaam mooier maak. Sy is die enigste referent. As sy die dag swanger raak, sal sy wens sy het nooit dié idee gehad nie! Velkleur, en kultuur en taal is iets wat jy ontvang, daarom val dit fundamenteel in ‘n ander kategorie van beoordeling. Liefde sonder voorwaardes bestaan egter nie. Die enigste keuse wat ons het, is om die definisies daarvan te meet aan iets, en dan is jy terug by my aanvanklike beredenering. Dit is óf ervaring óf openbaring.

  • Avatar

    Pastor Albe Smith

    |

    Dankie vir die insiggewende bydraes ek geniet as u leesstof of enige iets kan u dit vir deurgee asseblief ek het my eie bediening Faithful Ministry International

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Jy is reg, maar ek het binne Paulus se argument in daardie perikoop probeer bly. In die vorige perikoop bring Paulus die eerste deel van die wet in spel in terme van die owerhede. Albei dele van die wet is dus van toepassing, ook in etiese sake.

  • Avatar

    Andre de Villiers

    |

    Ek is bly jy haal die saak aan Chris, en ek stem saam met jou basiese vetrekpunt. Vir my is die vraag: Het liefde nie inherent reels nie, “maak” dit nie die reels nie? Baie mense sal redeneer dat te vaag is om te se liefde is die vertrekpunt, want dit is te wyd. Maar liefde het sy eie grense en mense weet wanneer daar liefde is of nie. Mense ervaar liefde (of die gebrek daaraan) sonder dat die reels vir hulle uitgespel word. Kinders leer dit by ouers aan voordat hulle kan lees, skryf of praat. Die begrip liefde is omvattend en het onderafdelings soos respek, meelewing, dienslewering, opoffering vir ander, verdraagsaamheid, in die bres tree vir mekaar, teregwysing en vermaning van mekaar, ens. Mense wat teregwys met liefde se teregwysing word aanvaar want die konteks van hulle gedeelde lewe dra die teregwysing op die regte manier oor. So dra liefde in homself alles wat nodig is om die reels daar te stel. Liefde is vol reels, maar nie so dat dit nodig is om alles as voorwaardes uit te spel nie.
    In ons lewens egter wil ons liefde laat inpas by ons definisies van waar ons lewe plaasvind (in ons kontekste). Liefde moet tot sy reg kom
    * in die huwelik – soos ons die huwelik definieer.
    * in ons kultuurverhoudinge – soos ons ons kultuur definieer
    * in ons opvoedingspatrone in ons huise en skole – soos ons opvoeding definieer
    Ek gaan my punt met die praktiese voorbeeld probeer verhelder: My dogter wil ‘n naelring laat inskiet. Ek se NEE, dit pas nie by jou nie, dis lelik, dis die Here se tempel en jy wys dat jy Hom nie liefhet deur jou liggaam lelik te maak nie. Sy se: Die Here het my lief en het vir my hierdie liggaam gegee om te waardeer en mooi te maak. Hy dink ek is mooi daarmee. Wie van ons is reg? Elkeen vanuit ons eie hoek gekyk kan reg wees (dws met al die ander filters waarmee ons na die wereld kyk en nie net suiwer teologies nie). Suiwer telogies gekyk moet ons miskien net se hierdie is nie ‘n wesenlike saak nie en mekaar in liefde verdra en vorentoe lewe. Vanuit die Here se hoek? Het hy nie alle mense, die met naelringe en die daarsonder, die met neusringe en die daarsonder, die met ander velkleure en kulture, die met ander tale, ens ewe lief nie?
    Dit is ons wat liefde moet toelaat om ons horisonne te vergroot. Ons moet nie liefde in ons definisies daarvan moet laat inpas nie. Ons moet liefde ‘n kans gee sonder voorwaardes.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Wat jy sê oor die fundamentele vertrekpunt in etiese sake is baie verhelderend. As jy jou naaste liefhet sal jy nie …
    Moet ons nie ook die tweede deel van die liefdesgebod ook byvoeg as dit gaan oor die beoordeling van etiese sake nie? Jy moet ook die Here jou God liefhê. God het ook ‘n opinie en Hy vra gehoorsaamheid. Dit gaan nie net oor my naaste nie, maar ook oor God.
    Josef het gesê: Gen 39:9 Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe kan ek so ‘n verkeerde ding doen? Ek sal mos teen God sondig!”
    Dit het dus vir hom in die beoordeling van die situasie gegaan oor sy baas en ook oor God.

  • Avatar

    Marie

    |

    Baie dankie! Dis regtig interressant om te weet van die Ethiopiese vertaling wat gevind was en om dit te lees!

  • Avatar

    Marie

    |

    Goeiemore Chris, ek wil graag more in ons Bybestudieklas Henog behandel. Het jy enige gedagtes wat ek miskien ook kan gebruik? Baie dankie!

%d bloggers like this: