Nehemia
Esra en Nehemia weer wys hoe jy te werk gaan om ‘n geloofsgemeenskap op te bou. Ná die Kronis in 1 en 2 Kronieke sy waarderende blik op die verlede gegooi het om daaruit dinge te neem wat identiteitsvormend is, vertel hy in Esra-Nehemia verder van die drie leiers ná die ballingskap, naamlik Serubbabel, Esra, en Nehemia wat:
- die verhouding met God herstel deur die bou van die tempel en die herstel van die liturgiese omgang met God,
- die fokus op die regte en reflekterende lees van die Bybel plaas sodat dit die hele lewe kan deursuur en
- op die herstel van die muur van Jerusalem fokus sodat die geloofsgemeenskap kan gedy in ‘n veilige ruimte waarin lewe kan floreer. Dit gee vir ons prentjies van hoe ons met God kan saamwerk in ons eie tyd wat uiters inspirerend is.
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
RUS
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
HOOR
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
- Inleiding op die boek Nehemia - August 20, 2013
- Nehemia 1 – Nehemia reageer met indringende gebed op die nood in Jerusalem
- Nehemia 2 – Nehemia betrek die koning by sy planne en motiveer die leiers in Jerusalem om te begin bou - August 21, 2013
- Nehemia 3-4 – Nehemia inspireer die volk deur gebed en goeie beplanning midde-in erge teenstand - August 22, 2013
- Nehemia 5 – Vrygewigheid herstel menswaardigheid en ewewig - August 23, 2013
- Nehemia 6-7 – Nehemia voltooi die muur ten spyte van groot gevaar en vestig ’n gesonde gemeenskap in Jerusalem - August 26, 2013
- Nehemia 8 – Esra help die volk om mense van die Boek te word - August 27, 2013
- Nehemia 9 – Die geloofsgemeenskap verootmoedig hulle voor die Here met skuldbelydenis onder begeleiding van die Leviete - August 28, 2013
- Nehemia 10 – Die geloofsgemeenskap verbind hulle aan die Here met ’n skriftelike ooreenkoms en ’n plegtige eed - August 29, 2013
- Nehemia 11-12 – Die gemeenskapslewe in Jerusalem word herstel en die muur feestelik ingewy - August 30, 2013
- Nehemia 13 – Nehemia stel nog hervormings in met sy tweede termyn - September 2, 2013
- Tien gebede van Nehemia - May 4, 2018