Matteus

Hoe om die Bybelboek te lees

Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.

Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.

Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:

RUS

  • Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.

HOOR

  • Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
  • Lees my bydrae oor die gedeelte.
  • Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.

LEEF

  • Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series

Comments (4)

  • Lizétte Vosloo

    Baie dankie vir al Bybelskool se lerings oor die Bybel en ons ongelooflike Drie-Enige God die Vader, die Seun Jesus Christus en die Heilige Gees. Dankie ook dat ek by julle kon leer oor hoe om die Bybel op ‘n Goddelike manier [Lectio Divinia] te lees! Dit is wonderlik! Dankie dat ek alles wat ek soek oor die Bybel hier kan vind; julle is ‘n riem onder my hart. Jesus seen julle. Dankie ook aan jou, Chris, vir al jou geduldige verduidelikings op al die vrae wat ons almal vra. Bly geseënd!

    • Hi Elbie, die weglating is op grond van die feit dat die meeste belangrike Griekse grondtekste van Matteus dié vers uitlaat. Dié frase kom egter wel by Markus 9:29 voor wat aandui dat Jesus wel só iets gesê het. Dit is egter nie deur Matteus oorgelewer nie, maar wel deur Markus.

      Hier is ‘n verduideliking van NET Bible daaroor:

      Many important MSS (א* B Θ 0281 33 579 892* pc e ff1 sys,c sa) do not include 17:21 “But this kind does not go out except by prayer and fasting.” The verse is included in א2 C D L W f1, 13 𝔐 lat, but is almost certainly not original. As B. M. Metzger notes, “Since there is no satisfactory reason why the passage, if originally present in Matthew, should have been omitted in a wide variety of witnesses, and since copyists frequently inserted material derived from another Gospel, it appears that most manuscripts have been assimilated to the parallel in Mk 9.29” (TCGNT 35). The present translation follows NA27 in omitting the verse number as well, a procedure also followed by a number of other modern translations.

      • Dit lyk ook asof Jesus net van gebed gepraat het, en nie van vas ook nie, volgens die beste Markus grondtekste.

        Weer NET Bible:

        Most witnesses, even early and excellent ones (𝔓45vid א2 A C D L W Θ Ψ f1, 13 33 𝔐 lat co), have “and fasting” (καὶ νηστείᾳ, kai nēsteia) after “prayer” here. But this seems to be a motivated reading, due to the early church’s emphasis on fasting (TCGNT 85; cf., e.g., 2 Clem. 16:4; Pol. Phil 7:2; Did. 1:3; 7:4). That the most important witnesses (א* B), as well as a few others (0274 2427 k), lack καὶ νηστείᾳ, when a good reason for the omission is difficult to find, argues strongly for the shorter reading.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…