Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Opmerkings (1)

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    ‘n Paar verdere opmerkings oor die Ons Vader gebed. Sal graag wil hoor hoe julle hieroor dink.

    Die vierde bede: “Gee ons vandag ons daaglikse brood,” kan op verskillende maniere verstaan word. Dit wentel om die verskillende betekenisse wat die Griekse byvoeglike naamwoord “epiousio” wat normaalweg as “daaglikse” vertaal word, kan inhou.

    * Epiousio kan as “daaglikse” brood verstaan word: “Gee ons vandag ons daaglikse brood.” Dit is die normale manier waarop dit verstaan word, en maak sin in die lig van ander uitsprake van die Here wat sê dat ons ons nie oor die dag van môre moet bekommer nie. Dit is ook soos die manna wat net vir die dag wat dit gegee is, vars gebly het, behalwe op Vrydae wat dit ook tot die Saterdae gehou het.
    * Epiousio kan ook “bestaan” beteken. Dan kan ons vertaal: “Gee ons vandag ons bestaansbrood.” Dit maak eweneens sin dat dit gaan oor die kos wat ons nodig het om van te lewe. Dit is soos Peterson dit dinamies vertaal: “Keep us alive with three square meals.”
    * Epiousio kan ook “die volgende dag” beteken. Dan kan ons vertaal: “Gee ons vandag ons brood vir môre.” Dit maak ook sin as ‘n mens dit in die aand bid met die oog op die volgende dag.
    * Epiousio kan ook “toekoms” beteken. Dan kan ons vertaal: “Gee ons vandag ons brood vir/van die toekoms.” Dit maak vir baie geleerdes sin, want dit beteken dat ons eintlik bid dat God se beloftes vir die toekoms vandag waar sal word.

    Die keuse is joune! Wat maak vir jou die meeste sin?

    Die vyfde bede se laaste deel is eintlik in die verlede tyd geskrywe. Ons bid dus dat God ons sal vergewe, soos ons ons skuldenaars vergewe “het”, dws reeds in die verlede vergewe het. Dit is nogal belangrik in die lig van die waarskuwing in die volgende verse dat God met ons sal maak, soos ons met ander doen, spesifiek in terme van vergifnis.

    Die sesde bede: “Lei ons nie in versoeking nie”, kan ook vertaal word as “Lei ons nie in (‘n tyd van) toetsing nie” wat retories verstaan kan word as “laat ons nie sondig nie”. Dit maak vir my baie sin, want God kan niemand versoek nie, en die gebed gaan mos eintlik oor die feit dat ons van God vra om ons digby Hom te hou, sodat ons nie afdwaal deur ons sonde nie.

    Die frase in dieselfde bede: “Verlos ons van die Bose,” is ‘n beter vertaling as “bewaar ons van die Bose”. Dit gaan oor die verlange dat God finaal met die Bose sal klaarspeel. Die Bose (ponerou) kan ook onpersoonlik verstaan word, maar verpersoonliking maak vir my hier beter sin weens die bepaalde lidwoord wat daarmee saam gebruik word. Dit is ook hoe dit gebruik word in Matt. 5:39.

    Laastens, die byvoeging “Want aan U behoort …” wat soms in later manuskripte voorkom, is waarskynlik liturgies bygevoeg, en kom uit ‘n aanhaling uit die OT, 1 Kron. 29:11.

    Reply

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Met plesier Louis! Langs mekaar gesit in die Kweekskool van 1981 tot 1984. Voorreg!

  • Avatar

    Louis Venter

    |

    Bankmaat! Dankie vir dit en andere.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    ‘n Gedagte wat vir my verheldering gebring het oor die profesië is dat die profete getrou aan die Gees was en geprofeteer het aangaande sake wat hulleself nie volledig insig in gehad het nie. Sien bv 1 Petr 1:10-12.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ja, Fanie, dieselfde hier. So pas klaar met Levitikus 22 wat ek Donderdag plaas. Dié hoofstuk het ‘n impak op twee terreine in die NT. In die eerste plek vorm dit die agtergrond vir beide ‘n verstaan van die bediening van geestelike leiers in die NT geloofsgemeenskap sowel as vir die wyse waarop die kerk in hulle lewensonderhoud voorsien het. Dit is ‘n ou en gevestigde tradisie in beide die OT as die NT, iets wat deur die eeue in die kerk in stand gehou is.

    In die tweede plek gee hierdie voorskrifte uit Levitikus ‘n mens die nodige agtergrond om die klem op gelowiges se gedagtes en gedrag wat vir God aanneemlik moet wees, te verstaan. Paulus dring by gelowiges in die nuwe bedeling daarop aan dat hulle seker moet maak dat hulle hele lewe vir God aanvaarbaar is. Dit sluit hulle liggame in as: “lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is”. Paulus praat ook oor sy bediening onder die heidene as ‘n manier om uit hulle ‘n offer vir die Here voor te berei wat vir Hom aanneemlik sal wees (Rom. 15:16). Selfs die wyse waarop die mense van Filippi by sy lewensonderhoud betrokke geraak het, word in terme geskets wat met Levitikus 22 ooreenstem (Fil. 4:18). Dit is die tipe sinergie wat tussen geestelike leiers en hulle geloofsgemeenskappe bewerk moet word. Trouens, gelowiges word opgeroep om hulleself die hele tyd af te vra of iets vir die Here aanneemlik is (Ef. 5:10) wat met dieselfde gedagtegang werk as dié in Levitikus. Ook hulle lewenswandel moet vir God aanneemlik wees, soos die Hebreërskrywer beveel: “Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.” (Hebr. 13:16). Geniet!

  • Avatar

    Fanie van Emmenes

    |

    Dankie Chris, ek besef opnuut die innige verband tussen die Ou en Nuwe testamente, voorwaar opnuut en weer ‘n besieling.

  • Avatar

    Bennie Mare

    |

    Baie dankie.

  • Avatar

    Johann McF

    |

    Ek het die lees hiervan baie geniet Chris! Die
    deeglikheid is eie aan jou! Baie dankie!

  • Avatar

    Fanie van Emmenes

    |

    Dankie Doom Chris.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Dankie Chris andermaal vir hierdie artikel. Jy gee leiding en agtergrond oor wetgewing wat vir ons vreemd is vandag en kan lei tot misverstand, asof daar ‘n sondigheid aan die seksuele is.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Die Israeliete het met diere en al, kleinvee en grootvee, Egipte toe getrek uit Kanaän in die tyd van Jakob en Josef (Gen. 47). Ons lees met die vyfde plaag van pes onder die vee dat die Israeliete se vee gespaar word, en in die konteks word van perde, donkies, kamele, beeste en kleinvee gepraat (Eks. 9). Hulle het ook skape geslag met die Paasmaaltyd (Eks. 12). As farao hulle uiteindelik laat trek dan sê hy spesifiek dat hulle hulle kleinvee en grootvee moet vat en trek (Eks. 12:32). Met die waterskaarste in die woestyn kla hulle ook dat hulle nie water vir hulleself het en hulle vee nie (Eks. 17:3). Dit was deel van hulle bestaansekonomie en ‘n belangrike deel van hulle lewe, veral vir die melk en wol wat skape, bokke en beeste vir hulle verskaf het. Maar, hulle kon nie vleis berg nie, so om te slag vir vleis was nie ‘n daaglikse of gereelde praktyk nie. Vandaar die manna en kwartels. Daarom was die offers uit hulle diere ‘n groot ding. Dit was vir hulle regtig ‘n wesenlike koste om ‘n dier te offer.

  • Avatar

    Susan

    |

    Dankie.

  • Avatar

    Alwyn

    |

    Chris ek weet ek vra stupid vraag maar as ek nie vra nie sal ek nie weet nie Israeliete is met niks weg uit Egipte en het manna en kwartels geëet. Waar kry hulle toe die offerdiere?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Natasha. Dit is deel van hierdie bydrae, omdat hfst. 6 en 7 ‘n eenheid vorm.

  • Avatar

    Natascha

    |

    n Hartlike goeie more. ek is jammer om te pla maar ek wil net hoor of dit dalk moontlik is om Lev 7 vir my weer te epos, ek het ongelukkig niks ontvang vd hoofstuk nie.
    Vriendelike Groete
    Natascha
    NS: Baie dankie vir die geleentheid wat Pastoor ons bied met die Bybelskool.

%d bloggers like this: