- Bybelskool - http://bybelskool.com -

Markus

Lees die Markus evangelie in vergelyking met die ander evangelies

Jy kan hier saam met my die Markus evangelie deurlees en dit telkens vergelyk met die stof in die ander evangelies.

  • NB:  Stuur vir my jou e-pos adres [1] (klik net op die vorige skakel), dan stuur ek vir jou twee files om jou te help.  In die Excel file sal jy die perikope van Markus in een kolom gelys kry, met die ander evangelies se ooreenstemmende dele daar langsaan in kolomme.  Die ekstra stof in die ander evangelies word ook in dieselfde Excel file gelys, vir in geval jy dit ook wil  bestudeer.  In die Word file sal jy die volledige tekste uit die NAV langs mekaar in kolomme kry, gebaseer op die volgorde in Markus.  Jy kan dit uitdruk en dan gebruik om die evangelies só saam te bestudeer.

Hoe om die Bybelboek te lees

Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.

Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.

Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:

RUS

  • Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.

HOOR

  • Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
  • Lees my bydrae oor die gedeelte.
  • Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.

LEEF

  • Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
[57]   [58]   [59]