Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (3)

  • Avatar

    HermanGrobler

    |

    Chris, Baie interessante riglyne wat mens nie altyd so raaklees en toepas nie. Inderdaad het ons ‘n belangrike uitdaging om tot eer van God in die NT tyd verkondigend te lewe.

    Reply

  • Avatar

    Rauti

    |

    Chris, Ek maak die afleiding,meskien die verkeerde woord, in die OT het dit oor die persoon gegaan, in die NT gaan dit oor die dade wat deur God verwerplik is wat die persoon pleeg en nie die verwerping van die persoon nie. Verstaan ek dit reg?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Rauti – jy raak ‘n uiters gekompliseerde onderwerp aan. Ek weet ons werk baie keer met só ‘n onderskeid tussen die persoon van ‘n mens en die praktyk van sy lewe. En dan sê ons gewoonlik: jy moet die persoon van die sondaar liefhê, al verskil jy hewiglik van die praktyk van sy lewe, en verwerp jy sy sonde. Maar hoe meer ek hieroor nadink, hoe meer twyfel ek of dit regtig die geval is, en of daar ‘n verskil is tussen OT en NT. Ek dink byvoorbeeld aan Agan in die OT wat met die dood gestraf is na die slag van Ai – persoon en praktyk vorm ‘n eenheid. Maar, in die NT is daar ‘n soortgelyke storie van Ananias en Safirra – persoon en praktyk vorm ook ‘n eenheid. En ek dink aan die genade wat God in beide OT en NT aan soveel mense bewys het, mense wat eintlik verwerping verdien het. Dink aan ‘n hele paar van die konings in die OT (Dawid, Salomo, Hiskia) en aan bv Saulus in die NT. Wat wel anders is in die NT, is dat jy jou vyande moet liefhê. Dit is iets wat die OT boodskap verruim en verander het. Ek sal ‘n bietjie dieper moet nadink en lees hieroor en sal later ‘n bydrae probeer maak.

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie, Jan. John Walton, bekende en gerekende Ou Testamentikus, sê, ons moet altyd onthou dat die teks geïnspireer is en uitgelê moet word. Ons is nie geïnspireer nie. Ons kennis is nie geïnspireer nie. Daarom doen ons die teks geweld aan as ons ons eie menings inlees in die teks, of ons kennis gebruik om die boodskap van die Bybel te verander of verwerp.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Chris,
    Die rede van Moses is ingebed in historiese werklikhede. Ek het waardering daarvoor dat jy dit geskiedenis noem. Ek kan nie verstaan dat die teologie in ons tyd, hierdie geskiedenis wil vervang met onsekere mondelinge oorleweringe wat eers in die ballingskaptyd neergepen is as die “verhaal” van Israel nie.

  • Avatar

    Fanie van Emmenes

    |

    Goeie dag, ek sien met verwagting uit na die studie oor Deuteronomium, vrede vir jou en die gemeente wat God aan jou toevertrou het.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Ria. Nog nie, behalwe dit wat ek hier in Openbaring en in die profetiese rede van Matteus (en die ander plekke in die evangelies) en in Paulus se briewe aan die Tessalonisense kwytgeraak het. Jy sal dit daar kan opspoor.

  • Avatar

    Ria vd Merwe

    |

    Hi Ds. Chris,

    Baie dankie vir al die wonderlike inligting! Ek wil graag hoor of daar ‘n studie is oor die
    wederkoms?

  • Avatar

    Dirk Botha

    |

    Hoe maak ek om die Bybelstudie oor die boek Romeine te bekom?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Amanda. Hebreërs 6:2 praat in die Grieks van βαπτισμῶν, wat “dope” beteken. Dit word in die NAV en OAV verkeerdelik in die enkelvoud vertaal.
    Jy sal dit bv. in die NIV reg vertaal kry met “cleansing rites” of in die voetnoot daarby met “baptisms”. Vandaar my verduideliking dat dit met Joodse reinigingsgebruike of inlywingsrites sowel as die Christelike doop verband kan hou. Die verwysings is in my bydrae.

%d bloggers like this: