Jesus se Ek is-uitsprake

Met die 8 Ek-is uitsprake van Jesus word die prentjie van Jesus in terme van sy Goddelike betekenis vir mense uitgespel.  Hy maak God bekend aan die wêreld, in terme wat ryk aan Ou Testamentiese betekenis is:
  1. “Ek is wat Ek is” – 8:24,58 – vgl Eks 3:14, waar dieselfde van God self gesê word;
  2. “Ek is die brood wat lewe gee” – 6:35,48 – vgl Eks 16:4, waar God deur die manna voorsien het;
  3. “Ek is die lig vir die wêreld” – 8:12 – vgl Jes 49:6 waar dit van die dienaar van die Here voorspel word;
  4. “Ek is die ingang vir die skape” – 10:7, 9 – vgl Eseg 41 waar die ingang na die hemelse tempel en God se ewige teenwoordigheid beskrywe word;
  5. “Ek is die goeie herder” – 10:11,14 – vgl Eseg 34 waar God self as herder optree en sy dienaar Dawid daarvoor aanstel;
  6. “Ek is die opstanding en die lewe” – 11:25 – vgl Jes 53:7-12 waar die dienaar van die Here se dood en opstanding beskrywe word wat lewe vir baie sal gee;
  7. “Ek is die weg en die waarheid en die lewe” – 14:6 – vgl Jes 30:20-21 waar God as die Een beskryf word wat sy volk leer en op die regte koers hou;
  8. “Ek is die wingerdstok” – 15:5 – vgl Jes 5 waar Israel die wingerd van die Here is, maar in hulle roeping gefaal het.

Jesus word egter ook as ’n man van vlees en bloed geteken – hy raak moeg (4:6) en dors (19:28), huil oor Lasarus (11:35), en bloei aan die kruis (19:34).  Daarmee bevestig Johannes die menslikheid van Jesus teenoor die valse profete van sy tyd wat net op Jesus se goddelikheid klem gelê het.

View all posts in this series

Johannes


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (6)

  • Hennie Coetzer (Pastorale hulp)

    Chris,
    Ek moet vir my gemeente dagstukkies vir elke dag van die maand (Julie) skryf oor die onderwerp GESINDHEID. Die dagstukkies word verdeel in VIER hooftemas, een vir elke week. Wat, na jou mening sal ‘n goeie voorstel van die hooftemas wees vir die vier weke. Ek vind dat GESINDHEID en LIEFDE oral oorvleuel. Ons motiveer die gesinne in ons gemeente om terug te gaan na die etenstafel en elke aand te leer uit die Skrif.

    • Hennie, ek dink die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid kan goed inpas as hooftemas: Respekteer, Luister, Liefhê en Omarm (embrace). Jy kan die boekie Jesus-verhale van Menswaardigheid gebruik wat vir jou twee verhale vir elkeen van dié temas sal gee, sowel as ‘n oorhoofse verhaal, Jesus wat die voete van die dissipels was. Meer inligting by die webtuiste Seisoen van Menswaardigheid. Ons gemeente werk ook op die oomblik deur die nege Jesus-verhale, so jy sal preke ook daar kan kry wat jou in jou nadenke kan help.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: