Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Avatar

    Marelize

    |

    Ek is tans besig met Jesaja, en kom nou, in hfst 60 eers op hierdie webwerf af!

    Soveel vrae.
    1) ‘n Mens hoor dikwels dat Israel (volk) sal terugkeer na hul land – sommige glo dis tans besig om te gebeur – verwys hierdie gedeelte daarna?

    2) Is hierdie gedeelte vervul in Israel se terugkeer na hul ballingskap? Dit “voel” nie so nie, omdat Nehemia en Esra getuig van baie probleme…

    3) Dui hierdie gedeelte op die Nuwe Jerusalem waarvan Johannes in Openbaring praat? Maar dan gaan ons mos nie die aardse goud en silwer by die heidense volkere ontvang nie?

    4) Sommige kommentare reken hierdie gedeelte verwysna die duisendjaar vredesryk – enige repliek?

    5) Wat is die betekenis van v 16?

    6) Met verwysing na v 18 en andere wat dui op vrede ongekend, lyk dit tog nie of hierdie ‘n aardse vervulling kan hê nie, maar spesifiek na die hemelse, die ewige verwys – is dit so?

    Baie dankie…

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Welkom!
      Jy kan ten minste op drie maniere oor die vervulling van profesieë dink:
      * dit kan gedeeltelik vervul word (Hebr. 11:39 – praat daarvan dat sommige gelowiges “nie verkry wat beloof is nie”, waarmee Daniël se drie vriende ook rekening hou dat God kán red, maar nie noodwendig sál red nie – Dan. 3),
      * dit kan meervoudig vervul word (Jes. 7:14 – die geboorte van Hiskia was waarskynlik die eerste en ook gedeeltelike vervulling, Jesus die tweede en volledige vervulling)
      * dit kan simbolies geïnterpreteer word (Jes. 60:3 “Nasies kom na jou lig toe” wat vervulling kry in die Pinkstergebeure van Hand. 2 en verder aan).
      Dit kan jou help om die eerste 3 vrae te antwoord.
      * Die terugkeer was gedeeltelik, selfs ná die ballingskap in Serubbabel se tyd – Ester het bv. nog saam met haar mense in Susa agter gebly en ‘n belangrike rol in die lot van die Jode gespeel vanuit die vreemde.
      * En die terugkeer het meervoudige vervullings. Elke keer wat Jode terugkeer na hulle land is daar ‘n mate van vervulling van dié Jesaja beloftes, ook in 1948. Of hulle dit omhels as God se pad vir hulle is ‘n ander vraag.
      * En die terugkeer belofte het ook ‘n simboliese betekenis wat onder andere in die beloftes van Openbaring vervul word.
      Die ontvangs van die goud en silwer moet waarskynlik in die lig van die Eksodus verhaal se soortgelyke ervaring geïnterpreteer word. God het deur Moses die volk beveel om silwer en goud van hulle bure te eis twv gelykstellende geregtigheid sodat hulle kan oorleef op die trek (Eks. 11:1-3). Dit is dus ‘n prentjie van God se gelykstellende geregtigheid. Hy maak alles reg by die Wederkoms.
      Oor die duisend jaar van vrede.
      Ek sal eerder na Openbaring kyk om daaroor uit te wy, want Jesaja praat net gedeeltelik daaroor. Ek gaan juis in die vierde kwartaal hierdie jaar Openbaring behandel, so ek sal dan meer uitbrei. ‘n Mens kan meer letterlik daarna kyk soos die millenialiste dit doen óf vóór die wederkoms óf daarná. Of jy kan meer geestelik/allegories/simbolies daarna kyk. Maar dit sal ook altyd insluit dat die boodskap van die duisend jaar van vrede vir die eerste gehoor reeds iets gesê het … en vir ons. Maar meer daaroor later.
      Oor Jes. 60:16
      Dit is ‘n prentjie van versorging wat gedeeltelik en meervoudig deur die verhale van Ester en haar man koning Ahasveros (Xerxes) se opvolger seun Artasasta (Artaxerxes) se goedgunstigheid teenoor Nehemia vervul is.
      Oor Jes. 60:18
      Jy is reg, maar dele daarvan kan ook vandag vir ons vervul word.

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Philip

    |

    Ek stem saam met jou wat jy geskrywe het glo dat van die homoseksuele mense dit sal lees hoop so en hulle bekeer en die sonde laat staan

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    In jou beskrywing van die liefde lê alreeds die antwoord opgesluit. Sonder ‘n beskrywing weet ons nie wat is liefde nie. Ons het ‘n maatstaf nodig of onderafdelings of voorbeelde aan die hand waarvan ons dit kan beskryf. En ‘n mens kan dit óf met jouself en jou eie ervaring as referent of maatstaf beskryf. Óf jy kan die Bybel se openbaring van die liefde, beide in die persoon van God en in sy riglyne vir die lewe, as referent of maatstaf beskryf. Hoewel ‘n mens kan verskil oor ‘n naelring, sal sy moeilik kan verantwoord hoe die Here sou kon reken dat sy met ‘n naelring haar liggaam mooier maak. Sy is die enigste referent. As sy die dag swanger raak, sal sy wens sy het nooit dié idee gehad nie! Velkleur, en kultuur en taal is iets wat jy ontvang, daarom val dit fundamenteel in ‘n ander kategorie van beoordeling. Liefde sonder voorwaardes bestaan egter nie. Die enigste keuse wat ons het, is om die definisies daarvan te meet aan iets, en dan is jy terug by my aanvanklike beredenering. Dit is óf ervaring óf openbaring.

  • Avatar

    Pastor Albe Smith

    |

    Dankie vir die insiggewende bydraes ek geniet as u leesstof of enige iets kan u dit vir deurgee asseblief ek het my eie bediening Faithful Ministry International

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Jy is reg, maar ek het binne Paulus se argument in daardie perikoop probeer bly. In die vorige perikoop bring Paulus die eerste deel van die wet in spel in terme van die owerhede. Albei dele van die wet is dus van toepassing, ook in etiese sake.

  • Avatar

    Andre de Villiers

    |

    Ek is bly jy haal die saak aan Chris, en ek stem saam met jou basiese vetrekpunt. Vir my is die vraag: Het liefde nie inherent reels nie, “maak” dit nie die reels nie? Baie mense sal redeneer dat te vaag is om te se liefde is die vertrekpunt, want dit is te wyd. Maar liefde het sy eie grense en mense weet wanneer daar liefde is of nie. Mense ervaar liefde (of die gebrek daaraan) sonder dat die reels vir hulle uitgespel word. Kinders leer dit by ouers aan voordat hulle kan lees, skryf of praat. Die begrip liefde is omvattend en het onderafdelings soos respek, meelewing, dienslewering, opoffering vir ander, verdraagsaamheid, in die bres tree vir mekaar, teregwysing en vermaning van mekaar, ens. Mense wat teregwys met liefde se teregwysing word aanvaar want die konteks van hulle gedeelde lewe dra die teregwysing op die regte manier oor. So dra liefde in homself alles wat nodig is om die reels daar te stel. Liefde is vol reels, maar nie so dat dit nodig is om alles as voorwaardes uit te spel nie.
    In ons lewens egter wil ons liefde laat inpas by ons definisies van waar ons lewe plaasvind (in ons kontekste). Liefde moet tot sy reg kom
    * in die huwelik – soos ons die huwelik definieer.
    * in ons kultuurverhoudinge – soos ons ons kultuur definieer
    * in ons opvoedingspatrone in ons huise en skole – soos ons opvoeding definieer
    Ek gaan my punt met die praktiese voorbeeld probeer verhelder: My dogter wil ‘n naelring laat inskiet. Ek se NEE, dit pas nie by jou nie, dis lelik, dis die Here se tempel en jy wys dat jy Hom nie liefhet deur jou liggaam lelik te maak nie. Sy se: Die Here het my lief en het vir my hierdie liggaam gegee om te waardeer en mooi te maak. Hy dink ek is mooi daarmee. Wie van ons is reg? Elkeen vanuit ons eie hoek gekyk kan reg wees (dws met al die ander filters waarmee ons na die wereld kyk en nie net suiwer teologies nie). Suiwer telogies gekyk moet ons miskien net se hierdie is nie ‘n wesenlike saak nie en mekaar in liefde verdra en vorentoe lewe. Vanuit die Here se hoek? Het hy nie alle mense, die met naelringe en die daarsonder, die met neusringe en die daarsonder, die met ander velkleure en kulture, die met ander tale, ens ewe lief nie?
    Dit is ons wat liefde moet toelaat om ons horisonne te vergroot. Ons moet nie liefde in ons definisies daarvan moet laat inpas nie. Ons moet liefde ‘n kans gee sonder voorwaardes.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Wat jy sê oor die fundamentele vertrekpunt in etiese sake is baie verhelderend. As jy jou naaste liefhet sal jy nie …
    Moet ons nie ook die tweede deel van die liefdesgebod ook byvoeg as dit gaan oor die beoordeling van etiese sake nie? Jy moet ook die Here jou God liefhê. God het ook ‘n opinie en Hy vra gehoorsaamheid. Dit gaan nie net oor my naaste nie, maar ook oor God.
    Josef het gesê: Gen 39:9 Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe kan ek so ‘n verkeerde ding doen? Ek sal mos teen God sondig!”
    Dit het dus vir hom in die beoordeling van die situasie gegaan oor sy baas en ook oor God.

  • Avatar

    Marie

    |

    Baie dankie! Dis regtig interressant om te weet van die Ethiopiese vertaling wat gevind was en om dit te lees!

  • Avatar

    Marie

    |

    Goeiemore Chris, ek wil graag more in ons Bybestudieklas Henog behandel. Het jy enige gedagtes wat ek miskien ook kan gebruik? Baie dankie!

%d bloggers like this: