Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Opmerkings (1)

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    in response to mariaan:

    Middag Pastoor Ek geniet die postings. Ek doen n studie oor Jesaja en moet n woord bring oor Jes 44 kan u asb help met die nodige inligting of kern van die boodskap in die geheel, dat ek dit so kan oorbring aan n groep in die gemeente as boodskap wat hulle kan saamneem en […]

    Hi Mariaan

    Ek het normaalweg nie tyd vir só iets nie, maar het besluit dat almal hieruit iets kan leer. Ek het die stuk van die Bybelskool geneem, en dit net in vyf hoofpunte ingedeel en gee dit só hieronder weer. Ek het dié stof wat vir my gevoel net voortborduur, uitgelos. Jou taak is nou om hieruit te hoor wat die Here sê, te dink wat dit aanspreek in die lewens van die mense met wie jy gaan praat, en dit só jou eie te maak sodat jy die Woord wat God op jou hart lê met hulle kan gaan deel. Sterkte en seën:

    God is die eerste en die laaste, die enigste God

    1. God laat nie maklik sy droom vir ons vaar nie

    Israel word weer hier as die dienaar van die Here aangespreek. God laat nie maklik sy droom oor hulle vaar nie – dat hulle ’n lig vir die nasies sal wees nie (Jes. 2). Daarvoor het Hy hulle gemaak en daarvoor ondersteun Hy hulle steeds. Darem ’n ongelooflike stuk vertroosting dat God nie die werk wat Hy in ons begin het, versaak nie. Dit is betekenisvol dat Jakob, die Bedrieër, hier Jesurun, die Opregte, genoem word, ’n eretitel wat die verandering wat die Here bring, simboliseer (vgl ook Deut 32:15 waar dit ook so gebruik word).

    2. God se Gees bewerk sy droom in ons

    Let op hoe Jesaja weereens die belofte van die Gees as die stimulus tot nuwe lewe beskrywe, selfs vir die nageslag (vgl Eseg 37). Dit is ook net die Gees wat mense kan beweeg om vreugde te vind in lidmaatskap van God se mense.

    3. God is eerste en die laaste

    Jesaja beklemtoon weereens God se alleenreg tot die titel God. Hy is die eerste en die laaste – soos Jesus ook in Openbaring beskryf word (Open 22:13). Buiten Hom is daar geen God nie. Die Ek is uitsprake oor God se status en karakter gee ’n mens ook ’n ander perspektief op Jesus se Ek is uitsprake in die Johannes evangelie. Daarmee het Hy duidelik gesê dat Hy God is (vgl ook God aan Moses by die braambos – Eks 3).

    Let ook op hoe goedig-neerhalend daar oor die dierbare afgode – wat nie kan help nie – gepraat word (44:9). Hulle kan nie sien of hoor nie, en dus nie help nie. Hulle moet gemaak word (44:12-17). Let op hoe skreiend ironies die dwaasheid geteken word om dieselfde hout of vir ’n braaivleisvuur of vir die maak van ’n afgod te gebruik en die afgod dan te aanbid. Sulke mense se oë is toegepleister en het geen begrip nie, sê Jesaja!

    4. Ons moet Hom toelaat om alles in ons lewe te wees

    Let op hoe Israel, God se dienaar, opgeroep word om terug te keer na die Here, WANT Hy het hulle verlos (44:21-22). Dit gee ons die regte perspektief op die wyse waarop verlossing en bekering saamhang. God se werk kom altyd eerste – Hy verlos – en ons werk tweede – ons bekeer ons tot die Here se pad met en vir ons.

    5. God sal doen wat Hy sê

    Jesaja sluit hierdie beskrywing van God af met ’n beklemtoning van God se onverbreekbare woord – in die Skepping en in die Geskiedenis (44:24-45:8). Wat God sê, gebeur. Sy woord is sy verbintenis en Hy laat dit gebeur. Daarop kan ’n mens reken. Dit sluit in dat sy boodskappers (profete) se woorde in vervulling gaan; dat Jerusalem weer bewoon sal word; dat Babel gestuit sal word; dat iemand soos Kores (koning van die Perse) gebruik word ter wille van sy eie volk.

    Daardeur bewys God dat Hy God is van die hele aarde, ’n perspektief wat ons moet aangryp en in ons eie beoordeling van wêreldsake ter harte moet neem. En let op die doel waarmee God dit doen. Dit sluit ook in dat Hy Homself aan heidene wil bewys en tot ’n bewussyn en erkenning van sy Goddelikheid wil lei (wat presies is wat Hy ook wil hê die geval moet wees met sy volk – dat hulle Hom sal ken!). Of die nasies en hulle heersers nou daaraan gehoor gee of nie, dit is wat God wil hê moet gebeur.

    Reply

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Marie

    |

    Sjoe baie dankie vir hierdie Pinkster reeks Chris! Dit is heerlik om die Bybel so deur jou te leer ken-ek kry elke keer iets nuuts hieruit en dit maak elke bydrae so interressant!

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Met plesier Louis! Langs mekaar gesit in die Kweekskool van 1981 tot 1984. Voorreg!

  • Avatar

    Louis Venter

    |

    Bankmaat! Dankie vir dit en andere.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    ‘n Gedagte wat vir my verheldering gebring het oor die profesië is dat die profete getrou aan die Gees was en geprofeteer het aangaande sake wat hulleself nie volledig insig in gehad het nie. Sien bv 1 Petr 1:10-12.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ja, Fanie, dieselfde hier. So pas klaar met Levitikus 22 wat ek Donderdag plaas. Dié hoofstuk het ‘n impak op twee terreine in die NT. In die eerste plek vorm dit die agtergrond vir beide ‘n verstaan van die bediening van geestelike leiers in die NT geloofsgemeenskap sowel as vir die wyse waarop die kerk in hulle lewensonderhoud voorsien het. Dit is ‘n ou en gevestigde tradisie in beide die OT as die NT, iets wat deur die eeue in die kerk in stand gehou is.

    In die tweede plek gee hierdie voorskrifte uit Levitikus ‘n mens die nodige agtergrond om die klem op gelowiges se gedagtes en gedrag wat vir God aanneemlik moet wees, te verstaan. Paulus dring by gelowiges in die nuwe bedeling daarop aan dat hulle seker moet maak dat hulle hele lewe vir God aanvaarbaar is. Dit sluit hulle liggame in as: “lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is”. Paulus praat ook oor sy bediening onder die heidene as ‘n manier om uit hulle ‘n offer vir die Here voor te berei wat vir Hom aanneemlik sal wees (Rom. 15:16). Selfs die wyse waarop die mense van Filippi by sy lewensonderhoud betrokke geraak het, word in terme geskets wat met Levitikus 22 ooreenstem (Fil. 4:18). Dit is die tipe sinergie wat tussen geestelike leiers en hulle geloofsgemeenskappe bewerk moet word. Trouens, gelowiges word opgeroep om hulleself die hele tyd af te vra of iets vir die Here aanneemlik is (Ef. 5:10) wat met dieselfde gedagtegang werk as dié in Levitikus. Ook hulle lewenswandel moet vir God aanneemlik wees, soos die Hebreërskrywer beveel: “Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.” (Hebr. 13:16). Geniet!

  • Avatar

    Fanie van Emmenes

    |

    Dankie Chris, ek besef opnuut die innige verband tussen die Ou en Nuwe testamente, voorwaar opnuut en weer ‘n besieling.

  • Avatar

    Bennie Mare

    |

    Baie dankie.

  • Avatar

    Johann McF

    |

    Ek het die lees hiervan baie geniet Chris! Die
    deeglikheid is eie aan jou! Baie dankie!

  • Avatar

    Fanie van Emmenes

    |

    Dankie Doom Chris.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Dankie Chris andermaal vir hierdie artikel. Jy gee leiding en agtergrond oor wetgewing wat vir ons vreemd is vandag en kan lei tot misverstand, asof daar ‘n sondigheid aan die seksuele is.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Die Israeliete het met diere en al, kleinvee en grootvee, Egipte toe getrek uit Kanaän in die tyd van Jakob en Josef (Gen. 47). Ons lees met die vyfde plaag van pes onder die vee dat die Israeliete se vee gespaar word, en in die konteks word van perde, donkies, kamele, beeste en kleinvee gepraat (Eks. 9). Hulle het ook skape geslag met die Paasmaaltyd (Eks. 12). As farao hulle uiteindelik laat trek dan sê hy spesifiek dat hulle hulle kleinvee en grootvee moet vat en trek (Eks. 12:32). Met die waterskaarste in die woestyn kla hulle ook dat hulle nie water vir hulleself het en hulle vee nie (Eks. 17:3). Dit was deel van hulle bestaansekonomie en ‘n belangrike deel van hulle lewe, veral vir die melk en wol wat skape, bokke en beeste vir hulle verskaf het. Maar, hulle kon nie vleis berg nie, so om te slag vir vleis was nie ‘n daaglikse of gereelde praktyk nie. Vandaar die manna en kwartels. Daarom was die offers uit hulle diere ‘n groot ding. Dit was vir hulle regtig ‘n wesenlike koste om ‘n dier te offer.

  • Avatar

    Susan

    |

    Dankie.

  • Avatar

    Alwyn

    |

    Chris ek weet ek vra stupid vraag maar as ek nie vra nie sal ek nie weet nie Israeliete is met niks weg uit Egipte en het manna en kwartels geëet. Waar kry hulle toe die offerdiere?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Natasha. Dit is deel van hierdie bydrae, omdat hfst. 6 en 7 ‘n eenheid vorm.

%d bloggers like this: