Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Opmerkings (3)

  • Avatar

    Christine Veldsman

    |

    Ek het ‘n groot probleem. Lyk vir my sonde skei God nie van mense nie. Inteendeel, deur Sy oordele wend Hy juis ‘n drastiese poging aan om volke tot insig en bekering te bring. Aan die kruis oordeel Hy Satan, die sonde en ons sondige natuur en maak Hy dit vir ons moontlik om,as oorwinnaars te lewe. Tog, volgens Hebr. dissiplineer Hy ons deur ons te tugtig. Ondanks sonde bly Hy met ons bemoeienis maak. Wat is die effek van sonde dan op Sy verhouding met ons? En as dit ons nie van Hom skei nie, gebruik Hy nie selfs sonde tot ons voordeel nie bv. om ‘n sondebesef by ons te bring, ons insig te gee dat ons Sy vergiffenis nodig het, berou te bewerk? Hy het tog ook beheer oor sonde?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Dit is nogal ‘n tameletjie dié! Wat weet ons van God en sonde? 1) God haat sonde. 2) God straf sonde, natuurlik ook aan die kruis. 3) God roep sondaars tot bekering. 4) God verlos sondaars van sonde. 5) God transformeer sonde – Hy bring die goeie uit die kwade na vore.
      Skei sonde ons dan van God? Ek dink ‘n mens ‘n mens moet dit op twee maniere sê:
      1) Sonde skei vir JOU wel van God – dit neem bv. by ons die bewussyn van God se guns en teenwoordigheid weg. Ons ervaar dat God sy oë vir ons toemaak (Jes 1:15). Ons word verteer deur skuld en skande.
      2) Sonde skei egter nie vir GOD van ons in hierdie lewe nie (soos jy sê) – daarom dat die Here vir sondaars kan sê: KOM laat ons die saak uitmaak (Jes 1:18).
      God steek dus die kloof van sonde oor na ons toe in sy genadeaanbod – sonde skei ons dus nie van God nie.
      Maar, dit is vir dié lewe – na die dood skei die sonde ons wel van God, want genade wat nie aanvaar is in dié lewe nie, word die finale oordeel wat ‘n ewige skeiding weg van God se aangesig insluit – ons sonde skei ons dus wel van God.
      Of hoe dink julle ander?

      Reply

  • Avatar

    Rien

    |

    Ek dink ons het keuses,tussen sonde en God. Ons kan nie altwee aanhang nie. Solank ons op aarde is sal ons nog sondige goed doen, maar die HG oortuig ons wat sonde is sodat ons dit kan belei. God haat sonde en kan nie wees waar sonde is nie, en ja Hy is maar altyd daar om uit genade te vergewe as ons ons sonde belei. Ek dink ook sonde skei ons dus van God en sal geoordeel word.

    Reply

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Marie

    |

    Baie dankie vir jou insette Chris, ek beaam wat die ander sê: ons leer soveel uit jou Bybelskool!

  • Avatar

    Alet

    |

    Baie dankie Chris, ek waardeer jou moeite en geniet die bybelskool baie!

  • Avatar

    Jurie

    |

    Dankie Chris, dat ons kan deel in sommige van die goed wat jy seker as roetine lees, en ons gewone ouens nie maklik by uitkom nie, en dankie dat jy dit dan sommer vir ons maklik opsom en leesbaar maak. Seenwense op hierdie belangrike deel van jou bediening.

  • Avatar

    Gerrie Genis

    |

    Baie dankie Chris, dit is voorwaar n handige / leersame studie ,ons waardeer dit geweldig. Hou aan met jou goeie werk.!

    Groete van Gerrie @ Monica

  • Avatar

    André Kritzinger

    |

    Ek lees nou eers hierdie gedeelte. Ek wonder oor die taal.
    “Ongehoorsaamheid aan God se bevele het altyd verrykende gevolge,..” Moet dit net verreikende gevolge wees nie?
    Baie dankie by voorbaat vir dit wat op die spyskaart is vir dié kwartaal.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Markus 15:28

    Die beste oorgelewerde tekste (Aleksandrynse en Westerse manuskripte asook in ander tekste: א A B C D Ψ pc – vgl. NET Bible vir die verwysings) het in Markus 15 net vers 27 en 29, nie vers 28 ook nie: “27 Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een regs en een links van Hom … 29 Die mense wat daar verbygeloop het, het Jesus gelaster.” (Mrk. 15:27-29).

    Dit is eers by van die latere manuskripte (L Θ 083 0250 f1, 13 33 𝔐 lat – vgl. NET Bible vir die verwysings) wat ‘n vers 28 bygevoeg word wat as volg lees: “Daarmee is die Skrifwoord vervul wat sê: ‘Hy is as misdadiger beskou.'”

    Die woorde is waarskynlik deur latere kopieerders van die oorspronklike tekste bygevoeg uit Jesus se woorde in Lukas 22:37 waar Jesus die volgende sê: “Ek sê vir julle: Die Skrifwoord wat sê: ’En Hy is as misdadiger beskou,’ moet aan My bewaarheid word, want wat op My betrekking het, gaan nou in vervulling.” Jesus haal hier uit Jes. 53:12 aan: “Hy sal saam met magtiges oorwinning vier omdat hy hom in die dood oorgegee het en as misdadiger beskou is, omdat hy die sondes van baie op hom geneem het en vir oortreders gebid het.”

    Omdat dit só ‘n belangrike woord was wat ook op die kruisgebeure betrek kan word, het die kopieerders Markus se teks hiermee aangepas. Die 1933 OAV het latere manuskripte gebruik vir hulle vertaling wat die woorde bygevoeg het. Die 1983 NAV het vroeëre manuskripte gebruik vir hulle vertaling wat die woorde weglaat.

    Vers 28 verwoord dus wel ‘n uitspraak oor Jesus wat Bybels is, maar pas eerder in Lukas 22 in Jesus se eie mond, as in Markus 15 in die mond van die evangelis.

    Matteus 6:13

    Dieselfde geld die geliefde einde van die Ons Vader: “Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” Die beter en oor die algemeen vroeër manuskripte (א B D Z 0170 f1 pc lat mae Or – vgl. NET Bible vir die verwysings) het nie dié woorde ingehad nie. Die meeste ander manuskripte (L W Θ 0233 f13 33 𝔐 sy sa Didache – vgl. NET Bible vir die verwysings) het wel dié woorde in, met kleiner variasies, waarskynlik gebaseer op 1 Kronieke 29:11-13 wat deel van Salomo se gebed by die inwyding van die tempel was. Die kopieerders van die teks het dit waarskynlik bygevoeg vir gebruik in die publieke lees van die Ons Vader as deel van die liturgie. Só ‘n wonderlike gebed vra eintlik vir só ‘n einde!

    Weereens is die woorde deel van die Bybelse boodskap, en kan goedskiks deel bly van die Ons Vader in ons gebruik daarvan, maar was waarskynlik nie deel van die oorspronklike gebed nie soos ons dit in Lukas se weergawe van die Ons Vader sien. Lukas 11:2-4 het in geen manuskrip dié woorde in nie en sluit die Ons Vader af net met die sesde bede van Jesus. Dit is waarskynlik nader aan die oorspronklike en daarom laat die 1983 NAV dit ook weg, terwyl die 1933 OAV dit wel in het, weens die latere grondteks wat hulle gebruik het.

  • Avatar

    Sonja

    |

    Goeiedag Ds Chris. Ek is besig om die kruisiging deur te werk in Markus, en het die e-bybel gebruik en sien Markus 15:28 is toe gemis. Toe ek die Bybel lees, sien ek dieselfde. My 1953 het wel die vers in. My vraag is, hoekom sou “hulle” dit nodig geag het om die stukkie nie weer te gee nie? Soos ook Mattheus 6:13 se laaste deel? Dit is tog so n bekende gebed, waarom die laaste sin nie weergee nie?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Daar is geen koste nie. Gebruik enigiets op die webtuiste en geniet!

  • Avatar

    Gerard Genis

    |

    Ons is pensionarese is daar enige koste aan verbonde? Ons kan seker nou en dan iets stuur.

  • NG Somerstrand Bybelskool: Levitikus – NG Wes-Kaapland Sinode

    |

    […] volgende maand en oorweeg self die blywende impak van hierdie geïnspireerde boek.  Skryf in by http://www.bybelskool.com/subscribe om die bydraes per e-pos te ontvang.  Die eerste vier bydraes is 12 April geplaas sodat jy dit […]

  • Avatar

    Debbie

    |

    Baie dankie vir u harde werk. dit gaan ‘n fees om weereens ‘n “onbekende” Bybelboek te bestudeer.

  • Avatar

    Johann McFarlane

    |

    Heerlike leessstof! Lev.nog nooit ‘n boek wat ek eintlik in gelees het nie! Sal graag wil leer! Dankie Chris!

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Dankie andermaal Chris vir ‘n waardevolle uiteensetting.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Ek verstom my oor die stylvolle koninklike leefwyse waarin die Here sy volk begelei het. Hulle het uit die groot beskawing en argitektuur van Egipte gekom wat buitengewone organisasie veronderstel. Daar in die woestyn het die volk egter ‘n eiesoortige beskaafdheid gehad wat merkwaardig is. Hulle was tentbewoners, maar hulle het koninklik gelewe.

%d bloggers like this: