Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei.

I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Avatar

    Vicky

    |

    Goeiedag,

    Dalk sal u my kan help met iets wat my baie deurmekaar maak asb. 🙂
    Ek glo en verstaan dat ons woorde krag dra, maar hoe groot is die impak werklik?
    Ek is geleer of onder die indruk gestel dat enige negatiewe woorde teenoor ‘n ander person krag dra en dat jy sodoende hulle kan vervloek. Soos byvoorbeeld as mens ‘n ander verwens met woorde soos. Dra dit steeds krag as die woorde in ‘n grap bedoel is?
    Ek weet nie of ek dalk heeltemal die pot mis sit nie, maar ek konsentreer altyd erg daarop om nie dinge oor mense uit te spreek nie en as iemand so iets doen teenoor my of ‘n ander, dan kanselleer ek dit uit in die Naam van Jesus. Redeneer ek verkeerd?

    Groete,
    Vicky

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Ons woorde het nie ‘n outomatiese (magiese) krag soos mense soms van ‘n vloek of ‘n seën verstaan nie. Ons woorde moet gehoor word voordat dit ‘n krag kan uitoefen. Maar, selfs wanneer woorde gehoor word, is die krag daarvan nie outomaties (magies) nie.

      * As iemand iets opbouend sê oor jou, kan jy dit ontkrag deur dit nie te glo nie.
      * Of as iemand iets afbrekends sê, kan jy dit teenstaan, deur te besluit om liewer te glo wat die Here of ander (of jyself) oor jouself glo.

      Dit beteken ons moet erns maak met ons woorde, maar ook onderskei tussen dié dinge wat vir ons gesê word. ‘n Grap kan bv. ‘n opbouende of afbrekende krag hê, afhangende van wat jy daarmee maak.

      Ek hou veral van Paulus se hantering hiervan in Filippense 4:6-9.

      * Hy begin deur te sê: “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.”
      * Dan bemoedig hy ons deur alles met God deur te gesels: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”
      * En wat gebeur dan? “En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” Hy hou die wag, bewaar en beskerm ons, in ons harte en gedagtes, in ons gevoelens en denke! Hy gee ons sy vrede in ons gevoelens en gedagtes.
      * Daarom raai Paulus ons aan: “Verder, broers en susters, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is — watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees — daarop moet julle julle gedagtes rig.” Dit is die manier waarop ons met woorde moet omgaan.
      * Dit sluit ons dade in: “En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen.”
      * En die grootste belofte is: “En God wat vrede gee, sal by julle wees.”

      Lees meer by my Bybelskool oor Filippense 4.

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Ernst

    |

    Dankie Chris.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Leana. Jy kan die vorige Bybelboeke se bydraes lees by die Bybelboeke spyskaart item.

  • Avatar

    Leana Weyers

    |

    Baie dankie vir die inligting. Kan ek asb vra waar ek die boeke wat reeds behanel se inligting aflaai. Ek is nuut en wil graag daardie inligting inwin.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Ernst. Die vierde gebod word Bybelsgesproke deur twee goed gemotiveer.

    • Israel moes die sabbatdag vier, om hulle te herinner daaraan dat God alles goed gemaak het, soos Hy op die sewende dag gerus het na al sy werk aan die skepping (Eks. 20). Met die viering van die sabbatdag het hulle erkenning aan God gegee vir alles wat Hy gemaak het.
    • Israel moes ook die sabbatdag vier, om hulle te herinner daaraan dat hulle God se volk is, soos God hulle uit die slawerny van Egipte verlos het (Deut. 5). Met die viering van die sabbatdag het hulle erkenning aan God gegee vir die verlossing wat hulle in die regte verhouding met God gebring het.

    Die NT beskou die sabbatdag as ‘n skaduwee van wat sou kom. Die werklikheid is Christus. Dié wat dus in Christus is, vier hulle afhanklikheid van God elke dag, nie net op een dag nie. Hulle vier ook hulle rus van die sonde elke dag, nie net op een dag nie. Hulle het dus nie meer nodig om een dag bó ‘n ander te vier nie, hoewel hulle welkom is om dit te doen, en dit ‘n gesonde ritme van rus en werk kan skep. Niemand mag Christene egter voorskryf daaroor nie.

    Drie NT Skrifgedeeltes dra dié boodskap.

    • Paulus sê: “Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie. Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus. Moenie dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink, en hy hou nie aan die hoof, aan Christus, vas nie. Uit Christus groei die hele liggaam, ondersteun deur die gewrigte en saamgebind deur die spiere, soos God dit laat groei.” (Kol. 2:16-19).
    • Paulus sê ook: “Aanvaar die een wat in die geloof swak is, sonder om met hom te stry as sy opvatting van joune verskil … Vir die een is een dag belangriker as ander dae; vir ’n ander is alle dae ewe belangrik. Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting. Die een wat ’n bepaalde dag op ’n besondere wyse hou, doen dit tot eer van die Here … Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes. Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, want daar staan geskrywe: ‘So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.’ (Jes. 45:23). Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.” (Rom. 14:1-12).
    • Die Hebreërskrywer skryf: “Daar wag dus nog steeds ’n sabbatsrus vir die volk van God, want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne. Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand hulle voorbeeld van ongehoorsaamheid navolg en ook omkom nie.” (Hebr. 4:9-11).

    Paulus het op sy sendingreise saam met die Jode die sabbatdag gevier in ‘n poging om die evangelie aan hulle te verkondig. (Hand. 13:42 44; 16:13; 18:4). Saam met die Christene het hy egter die eerste dag van die week gevier met nagmaal, in herinnering aan die kruisdood en opstanding van die Here Jesus, en die ander kerklike dinge, soos die insamelinge van die dankoffer, nagekom (Hand. 20:7; 1 Kor. 16:2).

    Dit lê agter die ontwikkeling in die Christelike kerk om op Sondag bymekaar te kom eerder as op die sabbatdag.

  • Avatar

    Ernst

    |

    Chris maar hoe verstaan mens dan dat die Bybelse Sabbat (7de dag) nie meer gehou word nie? Dis tog deel van die 10 gebooie.

    Dankie ek hoor graag jou verduideliking.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie André. Ja, wanneer ons oop raak vir God om deur sy Woord met ons te praat, dan word ons meegesleur deur sy teenwoordigheid om ons roeping as sy kinders te kan vervul. Dit is ‘n avontuur!

  • Avatar

    Andre Bower

    |

    Chris, elke Woensdag is daar klein juwele waarvoor ‘n mens bedag op moet wees. Jy het genoem dat ons die Bybel moet lees soos dit geskrywe is en nie soos ons dit wil verstaan of uit ons raamwerk nie.

    Dit is werklik so. Om ‘n dissipel vir Jesus te wees is verg baie. Jesus verwag absolute gehoorsaamheid, en soos jy al genoem het, dit is nie onderhandelbaar nie. Ek kan nie vereistes lees soos dit my pas nie.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Henriëtte. Jy leer my nou ‘n ding. Dit lyk my daar is maar min visse wat nie skubbe het nie. Barber is blykbaar een. Snoek se skubbe is net klein. Vandaar dat sommige hom as onrein beskryf. Hier is ‘n uitstekende bron wat visse beskryf in terme van hulle aanvaarbaarheid al dan nie binne die Joodse wetgewing. Nie dat dit meer op ons van toepassing is nie, maar net vir interessantheid.

  • Avatar

    Henriëtte

    |

    As senior burger maar nog baie onkundig in die Bybel en gebruike, slurp ek die kennis op. As Weskusser is ek egter nie so seker dat ‘n snoek nie skubbe het nie. Ek verstaan hy verloor sy skubbe wanneer hy uit die water uit kom. Sê maar net, anders is ek jammer dat die snoek vir hulle misgun is! (Verskoon die aweregse bydrae in die uitgelese geselskap)

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Francois. Ek het reeds geskrywe oor die vraag of die wet van God nog geldig bly vandag. Jy kan dit as ‘n inleiding lees. Ek het ook die wyse waarop die wet in ons belydenisskrifte hanteer word, ondersoek wat jy vir nog dieper delf, kan gebruik. Die NGB (artikel 25, 34) sê bv. dat ons die getuienis van die wet gebruik om ons in die evangelie te bevestig en ook ons lewe in alle eerbaarheid tot eer van God en volgens sy wil in te rig. Dit is die hart van my oortuiging. Ek gaan verder om daar te skryf:

    1. Aan die een kant word Jesus Christus dus as die einde van die wet beskryf waardeur die gebruik van die seremonies en heenwysings van die wet afgeskaf is.
    2. Daar word aan die ander kant egter ook geleer dat die waarheid en inhoud daarvan in Christus Jesus bly bestaan, omdat dit in Hom ‘n vervulling gekry het. Die getuienisse van die wet (en die profete) kan daarby nog steeds gebruik word om ons in die evangelie te bevestig en ons lewe in eerbaarheid en tot God se eer en volgens sy wil in te rig.

    Hierdie siening is onder andere gebaseer op Jesus se woorde in die Bergrede in Matteus 5:17-18: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry. Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.”, en Paulus se uitleg van die wet in 1 Timoteus 1:8-11: “Maar ons weet dat die wet goed is wanneer iemand dit op die regte manier gebruik … Dit stem ooreen met die evangelie van die heerlikheid van die lofwaardige God, wat aan my toevertrou is.”

%d bloggers like this: