Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei.

I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (3)

  • Avatar

    Karen Strydom

    |

    Dit is vreesaanjaend om te dink slegs 2 uit 12 mense het werklik God se leiding vertrou om die land inbesit te kan neem. Dis amper ‘n refleksie op die persentasie mense wat vandag WERKLIK God so in hulle lewe vertrou dat hulle elke dag in Sy vrede en rus leef omdat hulle Hom in gehoorsaamheid vertrou. Die impak van gehoorsaamheid aan God is deur die eeue heen bewys as enorm vir die een wat dit doen, al dan nie.

    Reply

  • Avatar

    Elsie

    |

    Besig met bybelstudie oor Hebreers, nou besig met 6:13 -20.
    Het die intermezzo soos beskryf deur Andrie du Toit moeilik gevind m.b.t. die waarskuwing dat iemand wat afvallig raak nie weer tot bekering kan kom nie.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Ek hou van die manier waarop William Lane dit sê: “If those who have enjoyed a full and authentic Christian experience should then fall away, a renewal to repentance is impossible” (Word Biblical Commentary: Hebrews 1-8). Let op die “if” en die “should“, want die skrywer dink nie só iets is regtig moontlik nie. Hy sê wel: “Dit is immers onmoontlik om hulle wat eenmaal verlig is, wat die hemelse gawe gesmaak, en deel gekry het aan die Heilige Gees, en wat die goeie woord van God gesmaak, en ook die kragte van die komende bedeling, en tog afvallig geword het, weer opnuut tot bekering te bring, aangesien hulle wat hulleself betref, die Seun van God opnuut kruisig en openlik tot skande maak,” (Hebr 6:4-6 in BDV). Hoekom sou ons dit só erg wees, as ‘n mens ter wille van die argument sou bedink? Want dit sou beteken dat die lewende God aktief teengestaan word. Maar, dit is iets wat eintlik nie kan gebeur nie. Daarom sê die skrywer: “Maar selfs wanneer ons só praat, geliefdes, is ons, wat julle betref, oortuig van beter dinge wat betrekking het op verlossing.” (Hebr. 6:9).

      Die Dordtse Leerreëls sê daarom die volgende:

      • Die Sinode verwerp die dwaling van hulle wat leer: Nie elke uitverkiesing tot saligheid is onveranderlik nie, maar sommige uitverkorenes kan verlore gaan en gaan inderdaad ook vir ewig verlore, nieteenstaande enige besluit van God. Die Sinode leer: Met hierdie growwe dwaling maak hulle God veranderlik en vernietig die troos wat die vromes uit die vastigheid van hulle uitverkiesing put. Ook weerspreek hulle die heilige Skrif wat leer dat die uitverkorenes nie verlei kan word nie (Matt 24:24); dat Christus almal wat deur die Vader aan Hom gegee is, nie sal verloor nie (Joh 6:39), en dat God die wat Hy vantevore verordineer, geroep en geregverdig het, ook verheerlik het (Rom 8:30). (Hoofstuk 1, Verwerping punt 6)
      • Wanneer hulle so in die sonde val, bewaar God eerstens in hulle sy onverganklike saad waaruit hulle weergebore is, sodat dit nie vergaan of vernietig word nie. Tweedens vernuwe Hy hulle deur sy Woord en Gees seker en kragtig tot bekering. Die gevolg is dat hulle oor die sondes wat hulle gedoen het van harte en volgens die wil van God berou het en deur die geloof, met ‘n gebroke hart, vergifnis in die bloed van die Middelaar begeer en verkry. So besef hulle weer die genade van God wat nou met hulle versoen is, aanbid hulle sy ontferming en trou om daarna met groter ywer hulle eie heil met vrees en bewing uit te werk.(Hoofstuk 1, Verwerping punt 7).
      • Die Sinode verwerp die dwaling van hulle wat leer: Die ware gelowiges en wedergeborenes kan nie alleen heeltemal en onherroeplik uit die regverdigende geloof, die genade en saligheid uitval nie, maar val inderdaad ook dikwels daar uit en gaan vir ewig verlore. Die Sinode leer: Hierdie opvatting maak juis die genade van die regverdiging en die wedergeboorte en die voortdurende bewaring deur Christus kragteloos. Dit is ook in stryd met die nadruklike woorde van die apostel Paulus: As Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was, veel meer dan sal ons, noudat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn (Rom 5:8,9), en van die apostel Johannes: Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore (1 Joh 3:9). Net so is dit in teëspraak met die woorde van Jesus Christus: Ek gee my skape die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My Vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal: en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie (Joh 10:28,29). (Hoofstuk 5, Verwerping punt 3)

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Sonja. Nee, Jeremia 10 verwys na die maak van afgode. Dit het niks met kersbome en versierings te make. Die Kersboom en sy versierings is eers lank daarna, en lank ná Jesus se geboorte self aan sy geboorte verbind. Aanvanklik was die ou kerkvaders baie negatief daaroor, Tertulianus bv. Lees meer by Christianity Today wat Edwin en Jennifer Woodruff oor die ontwikkelinge deur die eeue sê in hulle artikel Why do we have Christmas Trees?

  • Avatar

    Sonja

    |

    Naand Chris. Kan ek asb vra, die houtstomp wat afgekap en versier word in Jeremia 10, verwys dit na ons Kersbome en versierings? Die Jehova getuie haal daai gedeelte aan. Dankie Sonja

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Saartjie. Dankie vir die getuienis. Die Here bly getrou, selfs in die moeilikste omstandighede denkbaar.

  • Avatar

    Saartjie

    |

    Die Here kom gee vir ons as gesin verlede week Ps 91 en Hy weer ‘n plaasaanval af wat ons later hoor eintlik vir ons bedoel was. Net ‘n wonderwerk dat niemand seergekry het met 8 vermeende aanvallers wat met ander plaasmoorde en aanvalle verbind word. Vers 9 en 10 kry vir ons betekenis en ons rus in die wete dat as die Here jou toevlug is , as die Allerhoogste jou skuilplek is sal geen kwaad jou tref ,en geen ramp naby jou tent kom nie… Die getuienis van Corrie ten Boom het my so aangeraak .. Daarom deel ek hierdie ..net miskien iewers is iemand wat ook soos ek net hierdie Ps op hierdie oomblik nodig het…Vertrou God met jou beskerming!

  • Avatar

    Fanie van Emmenes

    |

    As ek bostaande lees, verbly ek my opnuut oor Jesus Christus en die geregtigheid wat deur die geloof in Hom ons deel word.
    Ek wil bykans saam met Retief Burger sing: Ek sien ‘n kruis——–.

  • Avatar

    Elsie Ceronio

    |

    Dankie vir die samestelling van so ‘n belangrike aspek vir my as christen om te weer te hoor dat daar twee kante is.
    Vrede

  • Avatar

    Ernst

    |

    Dankie Chris.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Leana. Jy kan die vorige Bybelboeke se bydraes lees by die Bybelboeke spyskaart item.

  • Avatar

    Leana Weyers

    |

    Baie dankie vir die inligting. Kan ek asb vra waar ek die boeke wat reeds behanel se inligting aflaai. Ek is nuut en wil graag daardie inligting inwin.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Ernst. Die vierde gebod word Bybelsgesproke deur twee goed gemotiveer.

    • Israel moes die sabbatdag vier, om hulle te herinner daaraan dat God alles goed gemaak het, soos Hy op die sewende dag gerus het na al sy werk aan die skepping (Eks. 20). Met die viering van die sabbatdag het hulle erkenning aan God gegee vir alles wat Hy gemaak het.
    • Israel moes ook die sabbatdag vier, om hulle te herinner daaraan dat hulle God se volk is, soos God hulle uit die slawerny van Egipte verlos het (Deut. 5). Met die viering van die sabbatdag het hulle erkenning aan God gegee vir die verlossing wat hulle in die regte verhouding met God gebring het.

    Die NT beskou die sabbatdag as ‘n skaduwee van wat sou kom. Die werklikheid is Christus. Dié wat dus in Christus is, vier hulle afhanklikheid van God elke dag, nie net op een dag nie. Hulle vier ook hulle rus van die sonde elke dag, nie net op een dag nie. Hulle het dus nie meer nodig om een dag bó ‘n ander te vier nie, hoewel hulle welkom is om dit te doen, en dit ‘n gesonde ritme van rus en werk kan skep. Niemand mag Christene egter voorskryf daaroor nie.

    Drie NT Skrifgedeeltes dra dié boodskap.

    • Paulus sê: “Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie. Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus. Moenie dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink, en hy hou nie aan die hoof, aan Christus, vas nie. Uit Christus groei die hele liggaam, ondersteun deur die gewrigte en saamgebind deur die spiere, soos God dit laat groei.” (Kol. 2:16-19).
    • Paulus sê ook: “Aanvaar die een wat in die geloof swak is, sonder om met hom te stry as sy opvatting van joune verskil … Vir die een is een dag belangriker as ander dae; vir ’n ander is alle dae ewe belangrik. Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting. Die een wat ’n bepaalde dag op ’n besondere wyse hou, doen dit tot eer van die Here … Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes. Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, want daar staan geskrywe: ‘So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.’ (Jes. 45:23). Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.” (Rom. 14:1-12).
    • Die Hebreërskrywer skryf: “Daar wag dus nog steeds ’n sabbatsrus vir die volk van God, want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne. Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand hulle voorbeeld van ongehoorsaamheid navolg en ook omkom nie.” (Hebr. 4:9-11).

    Paulus het op sy sendingreise saam met die Jode die sabbatdag gevier in ‘n poging om die evangelie aan hulle te verkondig. (Hand. 13:42 44; 16:13; 18:4). Saam met die Christene het hy egter die eerste dag van die week gevier met nagmaal, in herinnering aan die kruisdood en opstanding van die Here Jesus, en die ander kerklike dinge, soos die insamelinge van die dankoffer, nagekom (Hand. 20:7; 1 Kor. 16:2).

    Dit lê agter die ontwikkeling in die Christelike kerk om op Sondag bymekaar te kom eerder as op die sabbatdag.

%d bloggers like this: