Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Bard Stoltz

    |

    Baie dankie vir die goeie insig. Dit het my vraag in n redelike grootmaat beantwoord. Ek sal ook die artikel gaan lees. Groot waardering!, Bard

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Lees die artikel van David Jones hieroor: 5 Errors of the Prosperity Gospel vir ‘n goeie inleiding daarop.

    Hy haal onder andere vir Charles Spurgeon aan wat gesê het: “I believe that it is anti-Christian and unholy for any Christian to live with the object of accumulating wealth. You will say, ‘Are we not to strive all we can to get all the money we can?’ You may do so. I cannot doubt but what, in so doing, you may do service to the cause of God. But what I said was that to live with the object of accumulating wealth is anti-Christian.

    Hy wys onder andere die volgende probleme met ‘n Voorspoedsteologie uit:

    1. Die Abrahamitiese verbond word misbruik asof dit altyd materiële voorspoed vir gelowiges beteken. Materiële seën is egter maar net een van die dinge wat God kan gee en Hy gee dit nie vir almal nie. Welvaart is daarom nie per se gelyk aan God se seën nie. Soos Jesus sê, afhanklikheid van God, sagmoedigheid, treur oor die onreg in die lewe, vervolging omdat jy doen wat reg is, is alles deel van God se seën (Die Bergrede Matt. 5)!
    2. Jesus se versoening word misbruik asof dit jou vrymaak van die “sonde van materiële armoede“. Armoede (en volgens sommige ook siekte) is dus sonde volgens dié teologie. Dit is ‘n baie destruktiewe verdraaiing van die evangelie. Dit is immers ook die armes wat geseëndes van God is, soos Jesus in die Bergrede volgens Lukas 6 uitlê.
    3. Die boodskap word verkondig dat as jy dankoffers gee, sal God jou noodwendig materieël seën. Volgens berigte is dit waarskynlik hoe voorspoedspredikers ryk word. Dankoffers is wel geestelik reg, maar nie om daarmee self te probeer ryk word nie!
    4. Geloof word verstaan as ‘n geestelike krag wat noodwendig tot (materiële) voorspoed lei. Dit is lynreg teenoor die Bybelse verstaan van geloof as iets wat God in ons werk. Geloof is om God se koninkryk te soek en Hom te vertrou vir kos en klere (Matt. 6:33).
    5. Gebed word verstaan as ‘n instrument wat God “dwing” om vir jou (materiële) voorspoed te gee. Dit is lynreg teenoor Jak. 4:2 se verbod op gebed vir selfsugtige begeertes. Ons moet eerder die Ons Vader bid; “Gee ons vandag ons daaglikse brood.” (Matt. 6:11).

    David Jones en Russell Woodbridge het ook ‘n boek geskryf hieroor: Health, Wealth, and Happiness: Has the Prosperity Gospel Overshadowed the Gospel of Christ? (Kregel, 2010) wat jy kan raadpleeg vir meer inligting.

  • Avatar

    Bard Stoltz

    |

    Hi daar. Ek.is n Christen, en al gesien en beleef hoe die Heilige Gees my al gelei het. Ek het n gesprek gehad met n ander gelowige, oor die rykdom van veral bekende Christen predikers wat n magdom DVDs en boeke verkoop, en byna elke dag op TV is. Ek voel nie gemaklik met die groot huise, en selfs die een persoon wat n Rolls Royce besit nie. Dit is teenstrydig met wat die nuwe testament se. Jesus selfs se gee alles aan die armes. In my persoonlike opinie, voel ek dat n prediker nie arm hoef te wees nie, maar as ek sien sy lewens kwaliteit is so hoog, dan maak dit my ongemaklik. Ek was aangese ek mag die die gesalfdes van die Here so aanval nie. Dit was nie n aanval nie, ek bevraagteken gesalfde in hierdie konteks. Enige raad of verwysings sal gaaf wees. Dankie

  • Avatar

    Theunis de bruin

    |

    mag ek dalk byvoeg; daar is nerens ‘n voorgeskrewe manier van begrafnis nie. Verassing, soos begrafnis handel oor die LIEFDEVOLLE HANTERING van ‘n oorledene se stoflike oorskot. Die opstandingsliggaam ‘s ‘n verheerlikte liggaam. Die God wat mens uit niks geskep het sal ‘n verheerlikte liggaam opwek ongeag die manier van die beskikking oor die stoflike oorskot.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    in response to mariaan:

    Middag Pastoor Ek geniet die postings. Ek doen n studie oor Jesaja en moet n woord bring oor Jes 44 kan u asb help met die nodige inligting of kern van die boodskap in die geheel, dat ek dit so kan oorbring aan n groep in die gemeente as boodskap wat hulle kan saamneem en […]

    Hi Mariaan

    Ek het normaalweg nie tyd vir só iets nie, maar het besluit dat almal hieruit iets kan leer. Ek het die stuk van die Bybelskool geneem, en dit net in vyf hoofpunte ingedeel en gee dit só hieronder weer. Ek het dié stof wat vir my gevoel net voortborduur, uitgelos. Jou taak is nou om hieruit te hoor wat die Here sê, te dink wat dit aanspreek in die lewens van die mense met wie jy gaan praat, en dit só jou eie te maak sodat jy die Woord wat God op jou hart lê met hulle kan gaan deel. Sterkte en seën:

    God is die eerste en die laaste, die enigste God

    1. God laat nie maklik sy droom vir ons vaar nie

    Israel word weer hier as die dienaar van die Here aangespreek. God laat nie maklik sy droom oor hulle vaar nie – dat hulle ’n lig vir die nasies sal wees nie (Jes. 2). Daarvoor het Hy hulle gemaak en daarvoor ondersteun Hy hulle steeds. Darem ’n ongelooflike stuk vertroosting dat God nie die werk wat Hy in ons begin het, versaak nie. Dit is betekenisvol dat Jakob, die Bedrieër, hier Jesurun, die Opregte, genoem word, ’n eretitel wat die verandering wat die Here bring, simboliseer (vgl ook Deut 32:15 waar dit ook so gebruik word).

    2. God se Gees bewerk sy droom in ons

    Let op hoe Jesaja weereens die belofte van die Gees as die stimulus tot nuwe lewe beskrywe, selfs vir die nageslag (vgl Eseg 37). Dit is ook net die Gees wat mense kan beweeg om vreugde te vind in lidmaatskap van God se mense.

    3. God is eerste en die laaste

    Jesaja beklemtoon weereens God se alleenreg tot die titel God. Hy is die eerste en die laaste – soos Jesus ook in Openbaring beskryf word (Open 22:13). Buiten Hom is daar geen God nie. Die Ek is uitsprake oor God se status en karakter gee ’n mens ook ’n ander perspektief op Jesus se Ek is uitsprake in die Johannes evangelie. Daarmee het Hy duidelik gesê dat Hy God is (vgl ook God aan Moses by die braambos – Eks 3).

    Let ook op hoe goedig-neerhalend daar oor die dierbare afgode – wat nie kan help nie – gepraat word (44:9). Hulle kan nie sien of hoor nie, en dus nie help nie. Hulle moet gemaak word (44:12-17). Let op hoe skreiend ironies die dwaasheid geteken word om dieselfde hout of vir ’n braaivleisvuur of vir die maak van ’n afgod te gebruik en die afgod dan te aanbid. Sulke mense se oë is toegepleister en het geen begrip nie, sê Jesaja!

    4. Ons moet Hom toelaat om alles in ons lewe te wees

    Let op hoe Israel, God se dienaar, opgeroep word om terug te keer na die Here, WANT Hy het hulle verlos (44:21-22). Dit gee ons die regte perspektief op die wyse waarop verlossing en bekering saamhang. God se werk kom altyd eerste – Hy verlos – en ons werk tweede – ons bekeer ons tot die Here se pad met en vir ons.

    5. God sal doen wat Hy sê

    Jesaja sluit hierdie beskrywing van God af met ’n beklemtoning van God se onverbreekbare woord – in die Skepping en in die Geskiedenis (44:24-45:8). Wat God sê, gebeur. Sy woord is sy verbintenis en Hy laat dit gebeur. Daarop kan ’n mens reken. Dit sluit in dat sy boodskappers (profete) se woorde in vervulling gaan; dat Jerusalem weer bewoon sal word; dat Babel gestuit sal word; dat iemand soos Kores (koning van die Perse) gebruik word ter wille van sy eie volk.

    Daardeur bewys God dat Hy God is van die hele aarde, ’n perspektief wat ons moet aangryp en in ons eie beoordeling van wêreldsake ter harte moet neem. En let op die doel waarmee God dit doen. Dit sluit ook in dat Hy Homself aan heidene wil bewys en tot ’n bewussyn en erkenning van sy Goddelikheid wil lei (wat presies is wat Hy ook wil hê die geval moet wees met sy volk – dat hulle Hom sal ken!). Of die nasies en hulle heersers nou daaraan gehoor gee of nie, dit is wat God wil hê moet gebeur.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Mense gebruik die Here se naam ydelik om verskillende redes, soos in “O my God”. Sommige gebruik dit as ‘n stopwoord, uitroep of kragwoord. Hulle beklemtoon daarmee hulle verbasing of afgryse. Dit is egter gewoonlik onnadenkend en het geen godsdienstige betekenis nie. Hulle weet baie keer nie eers wat hulle sê nie. Jy sal egter min kinders van die Here kry wat sy Naam só ydelik gebruik. Ons weet immers dat ons van elke ydele woord rekenskap moet gee. Mense in die Weste gebruik nie die woord “Allah” op dieselfde manier nie, want dit het nie vir hulle dieselfde betekenis nie. Allah is wel net die Arabiese woord vir God, maar baie dink verkeerdelik dat dit ook die persoonsnaam vir die Moslem God is.

  • Avatar

    Jan

    |

    Om watter rede gebruik mense die Here se naam in die algemene gesprek voering.
    Ek praat van in fleiks, mense in nood- wat nie noodwendig tot God roep nie, maar net die hele tyd, in engels sê”O my God”, ens.
    Hoekom dan nie sê ” O my Allah” of wat ookal nie?

  • Avatar

    Louise Steyn

    |

    Baie dankie vir hierdie baie goed uiteengesette en helder geformuleerde antwoord! Ek gaan ‘n uitdruk daarvan maak en dit vir die betrokke person gee. Hopelik sal dit haar bietjie laat nadink.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dit gaan in dié gedeelte oor die Moabiete wat vir hulle disrespek vir die “Edomitiese begrafnisrituele” vir gestorwe soldate veroordeel word. Dit gaan nie oor ‘n algemene reël vir alle mense dat hulle nie veras mag word nie. In die Moabiete se geval het hulle simbolies probeer om aan die Edomiete enige hoop op ‘n hiernamaals vir die koning te ontsê. Wat natuurlik nie beteken dat hulle werklik dit sou kon doen nie, maar vir die Edomiete sou dit daardie betekenis kon hê. Net God kan immers oor die hiernamaals besluit. Die Here veroordeel die Moabiete dus vir hulle minagting van die Edomiete, al het die verassing geen werklike effek op die hiernamaals kon hê nie. Dit geld ook vir ons. Verassing is ‘n baie ou gebruik, eintlik meer wydverspreid as begrafnisse. Daar is geen Bybels-teologiese rede waarom ‘n mens nie veras kan word nie. Natuurlik geld dieselfde begrafnisse. Jy het net deel aan die ewige lewe in Christus, nie deur jou standpunt oor verassing of begrafnisse nie.

  • Avatar

    Louise Steyn

    |

    Iemand het nou die dag vir my gesê dat hierdie stukkie oor die Moabiete wat gestraf sal word omdat hulle die bene van die koning van Edom tot kalk verbrand het, beteken dat God dit verbied dat ‘n mens jouself laat veras ná jou dood, en dat God jou sal straf indien jy dit doen. Mag ek asseblief vra wat u mening hieroor is? Baie dankie by voorbaat.

  • Avatar

    Andre Kritzinger

    |

    Perfek. Jy verdien ook ‘n stukkie gewone verlof!! Baie dankie vir al jou vrugtevolle arbeid.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons woorde het nie ‘n outomatiese (magiese) krag soos mense soms van ‘n vloek of ‘n seën verstaan nie. Ons woorde moet gehoor word voordat dit ‘n krag kan uitoefen. Maar, selfs wanneer woorde gehoor word, is die krag daarvan nie outomaties (magies) nie.

    * As iemand iets opbouend sê oor jou, kan jy dit ontkrag deur dit nie te glo nie.
    * Of as iemand iets afbrekends sê, kan jy dit teenstaan, deur te besluit om liewer te glo wat die Here of ander (of jyself) oor jouself glo.

    Dit beteken ons moet erns maak met ons woorde, maar ook onderskei tussen dié dinge wat vir ons gesê word. ‘n Grap kan bv. ‘n opbouende of afbrekende krag hê, afhangende van wat jy daarmee maak.

    Ek hou veral van Paulus se hantering hiervan in Filippense 4:6-9.

    * Hy begin deur te sê: “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.”
    * Dan bemoedig hy ons deur alles met God deur te gesels: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”
    * En wat gebeur dan? “En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” Hy hou die wag, bewaar en beskerm ons, in ons harte en gedagtes, in ons gevoelens en denke! Hy gee ons sy vrede in ons gevoelens en gedagtes.
    * Daarom raai Paulus ons aan: “Verder, broers en susters, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is — watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees — daarop moet julle julle gedagtes rig.” Dit is die manier waarop ons met woorde moet omgaan.
    * Dit sluit ons dade in: “En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen.”
    * En die grootste belofte is: “En God wat vrede gee, sal by julle wees.”

    Lees meer by my Bybelskool oor Filippense 4.

  • Avatar

    Vicky

    |

    Goeiedag,

    Dalk sal u my kan help met iets wat my baie deurmekaar maak asb. :)
    Ek glo en verstaan dat ons woorde krag dra, maar hoe groot is die impak werklik?
    Ek is geleer of onder die indruk gestel dat enige negatiewe woorde teenoor ‘n ander person krag dra en dat jy sodoende hulle kan vervloek. Soos byvoorbeeld as mens ‘n ander verwens met woorde soos. Dra dit steeds krag as die woorde in ‘n grap bedoel is?
    Ek weet nie of ek dalk heeltemal die pot mis sit nie, maar ek konsentreer altyd erg daarop om nie dinge oor mense uit te spreek nie en as iemand so iets doen teenoor my of ‘n ander, dan kanselleer ek dit uit in die Naam van Jesus. Redeneer ek verkeerd?

    Groete,
    Vicky

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Jy is reg. Satan is uit God se teenwoordigheid verdryf soos Jesus in Lukas 10:18 en Johannes in Openbaring 12:9; 20:2,7 beskrywe. Die Satan/duiwel het daarom sy rol as aanklaer, soos dit in die OT beskrywe word (Job 1:9–11; 2:4–5; Sag. 3:1) verloor. Lees veral Johannes se perspektief daarop in Openbaring 12:10. In Christus is daar immers geen veroordeling meer nie (Rom. 8:1) en kan ons ons gewete voor God tot rus bring (1 Joh. 3:20) en met vrymoedigheid die Here dien (1 Joh. 3:21).

    Die Satan/duiwel is egter steeds aktief op aarde soos Paulus (1 Tes. 2:18; 2 Tes. 2:9; 1 Tim. 1:20; 5:15; 1 Kor. 7:5; 2 Kor. 2:11; 11:14; 12:7; Ef. 4:27; 6:11; 1 Tim. 3:6,7; 2 Tim. 2:26) en Johannes (Openb. 2:10,19,13,24; 3:9; 12:12) ons verskeie kere waarsku. Sy mag is aan die een kant gebreek deur Christus soos die Hebreërskrywer ons herinner (Hebr. 2:14). Ons het nou die mag om hom teë te staan, soos Jakobus en Johannes ons herinner (Jak. 4:7; 1 Joh. 4:14; 5:18). Maar, sê Petrus, hy loop steeds rond soos ‘n brullende leeu (1 Pet. 5:8). Staan hom dus teë in versoeking, dien die Here, en hy sal van jou af wegvlug.

  • Avatar

    Norval Ackerman

    |

    Ek lei af dat Satan tot op ‘n “laat” stadium nog toegang tot die hemel gehad het. Ek dink bv aan daaraan toe God vir Satan gevra het of hy Job se getrouheid raak gesien het, Vertolk ek dit ook reg dat Satan as ‘n aanklaer optree oor alle mense self kinders van die Here al weet hy ook dat kinders van die Here rein gewas is. Ek woon in Nieu Seeland en hier is min kommentare beskikbaar om mens te help