Die Openbaring aan Johannes – Jesus Christus se testament en agenda
Die boek Openbaring is die belangrikste boodskap wat Jesus Christus aan sy kerk gegee het in ’n openbaring aan Johannes. Dit is aan die een kant die testament van sy nalatenskap aan ons, maar aan die ander kant ook sy agenda met die verlossingsplan vir die wêreld. Die agenda sluit die kerk in, dit omvat die heelal en dit word in die geskiedenis uitgewerk.
Openbaring handel nie net oor die apokaliptiese dinge van die eindtyd wat naby is nie, maar bemoedig en versterk gelowiges om vas te staan in geloof en getrou te bly aan die opdrag om as koninkryk van priesters vir God die Vader op te tree …
Ek sien uit om dié boodskap DV verder saam met julle te ontgin in die vierde kwartaal 2013!
Ons begin 17 Oktober om die boek Openbaring te lees, en volg dit op met die briewe van Johannes (ek wou Judas ook doen, maar wil dit liewer saam met die briewe van Petrus behandel, omdat dit met mekaar verband hou – DV 1ste kwartaal 2015). Die skedule is min of meer as volg:
Teks | Datum |
Byeenkoms |
Open. 1-5 | 17-23 Okt. |
23 Okt. |
Open. 6-10 | 24-30 Okt. |
30 Okt. |
Open. 11-15 | 31 Okt-6 Nov. |
06 Nov. |
Open. 16-22 | 7-13 Nov. |
13 Nov. |
1 Joh. 1-5 | 14-20 Nov. |
20 Nov. |
2&3 Joh. | 21-27 Nov. |
27 Nov. |
Volgende jaar volg die volgende boeke DV:
Matteus | Eerste kwartaal 2014 |
Psalms 73-106 | Tweede kwartaal 2014 |
Jeremia en Klaagliedere | Derde kwartaal 2014 |
Hosea, Amos, Obadja, Jona, Miga, Joël | Vierde kwartaal 2014 |
Onlangse kommentaar