Skip to main content

Bybelskool oor Prediker en Hooglied

Bybelskool.com fokus in die tweede kwartaal op twee boeke in die Ou Testament: Prediker en Hooglied.

  • Die Prediker was ‘n ontdekkingsreisiger wat die grense van die lewe getoets het en agter gekom het dat die triomf en tragedie van dié lewe nie genoeg is vir mense wat ‘n kapasiteit het vir die ewige lewe nie.
  • Hooglied is ‘n digterlike kykie na hoe die liefdeskuns vir mans en vroue werk.  Dit werk beide met die liefdesdrome wat ons oor mekaar het, sowel as met die werklikheid van daardie liefde.  Die digter(es) kies vir persoonlike liefde, teenoor die praktyk van die harem van Salomo se tyd.  En dit spel uit hoe ‘n mens lief kan wees, sonder om jouself te verloor.

Ons begin 11 April met ‘n inleiding op Prediker en lees dan die boek deur in die volgende 3 weke.  Elke weeksdag lees ons saam ‘n perikoop en ek lewer kommentaar daarop by die webtuiste sowel as met ‘n e-pos aan geregistreerdes.  Ons vervolg op 2 Mei met ‘n inleiding op Hooglied en lees die boek dan op dieselfde wyse deur in die volgende 2 weke tot 16 Mei net voor Pinkster 2012.

Jy is welkom om saam met ons op reis te gaan met Prediker en Hooglied.  Registreer by bybelskool.com.  Dit is gratis.

In die gemeente Somerstrand kom ons Woensdagaande bymekaar vir ‘n bespreking van die afgelope week se perikope, 18:30-19:30 vanaf 18 April tot en met 16 Mei.  Die temas vir die eerste 5 weke se eredienste kom ook uit die 2 boeke.  Kyk by ngkerksomerstrand.co.za.

Hier is die perikoop indeling met die datums waarop ons dit gaan lees:

Continue reading

Inleiding op Hooglied

Lied van liedere

Hooglied is ‘n digterlike perspektief op die liefdeskuns tussen ‘n man en vrou.  Dit werk met ‘n hele aantal liefdesgedigte wat verskillende kante van die liefde uitlig.  Dit is letterlik ‘n “Lied van liedere”, ‘n “Song of songs” (“Canticle of Canticles”) soos dit in Engels vertaal word.  Luther het dit Hooglied genoem.

Salomo

Hoewel die boek tradisioneel aan Salomo toegeskryf is, is daar baie min geleerdes wat dit vandag nog handhaaf.

  • Aan die een kant kom Salomo se naam 7 keer voor in die boek (1:1, 5; 3:7, 9, 11; 8:11, 12).  In hoofstuk 3:6-11 word ‘n beskrywing gegee wat met Salomo self geïdentifiseer kan word.  Die man verwys ook na homself as die koning (7:5).  Die vrou word ook in die gedigte as koningin beskryf (6:8-9).
  • Aan die ander kant kan die titel van die boek bv vertaal word as: “Die mooiste lied oor Salomo” (1:1).  Dit maak sin as ‘n mens in ag neem dat dit in 8:11-13 wil voorkom asof die man iemand anders as Salomo is.  Die verwysing na die man en vrou as koning en koningin kan daarby liefdesname wees wat hulle in die digterlike verwysings na mekaar gebruik.

Belangriker as die mening hieroor, is egter die deurlopende feit dat die vrou in haar gedigte duidelik kies vir persoonlike liefde, eerder as die gedeelde liefde van die harem, soos wat die geval met Salomo sou wees.  Dit maak dit onwaarskynlik dat die skrywer Salomo is.

Continue reading

Hooglied 1:1-11 – Passievolle plesier in saamwees

Indeling

Die indeling van hierdie gedigte is nie eenvoudig nie.  ‘n Mens sou die indeling in die NAV kon gebruik, waarin hier net die man en die vrou in gesprek met mekaar geplaas word.  ‘n Mens sou ook Peterson se indeling kon gebruik: The Woman – vers 2-7; The Man – vers 8-11.

Ek het dit op voetspoor van Christina Landman as volg ingedeel, met die laaste deel van vers 4 wat die stem van ander vroue verteenwoordig, en vers 8 dié van ander mans (Landman noem hulle vriendinne en vriende).  Dit gee ‘n interessante dinamiek van wisselende stemme.  Ek plaas die inhoud van die onderskeie eenhede vas aan mekaar, ter wille van spasie, en noem telkens die veronderstelde subjek van die gedig sowel as die een aan wie dit waarskynlik gerig is:

Continue reading

Onlangse kommentaar