Bybelskool

Belydenisskrifte

Hier is skakels na van die geloofsbelydenisse deur die eeue:

    • Apostoliese Geloofbelydenis – dit verwoord die konsensus oor God Drie-Enig en wat dit vir ons beteken op kort en bevatlike wyse – 12 artikels;
    • Geloofsbelydenis van Nicea – dit is ‘n effe langer belydenis wat die wydste in die wêreldkerk aanvaar word en baie spesifiek die Godheid van Christus as deel van die Triniteit bevestig – 12 artikels;
    • Geloofsbelydenis van Athanasius – dit is ‘n nog langer belydenis wat die belangrikste dinge wat vir saligmakende geloof belangrik is, uitspel, ook ‘n bietjie meer oor die wyse waarop ons oor die Triniteit moet dink – 44 artikels;
    • Heidelbergse Kategismus – dit is die primêre onderrig in die Gereformeerde tradisie oor 1) hoe groot ons sonde en ellende voor God is, 2) hoe ons in Christus daarvan verlos kan word, en 3) hoe ons God dankbaar kan dien waarin gehoorsaamheid en gebed die belangrikste komponente is – 129 vrae en antwoorde in 52 Sondag-afdelings verdeel;
    • Nederlandse Geloofsbelydenis – dit is die grondslag van die Gereformeerde oortuiging oor God, sy Woord en die geloofslewe – 39 artikels.  Dit bevat een van die mooiste verwoordings van wie God is: “Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar ‘n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God noem. Hy is ewig, onbegryplik, onsienlik, onveranderlik, oneindig, almagtig, volkome wys, regverdig, goed en die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is.” (2 Kor. 3:17; Joh. 4:24; Jes. 40:14.);
    • Dortse Leerreëls – dit is die grondslag vir die Gereformeerde oortuiging oor God se onweerstaanbare genade vir verlorenes soos uitgedruk in sy verkiesing, versoening en volharding van die gelowiges – 5 hoofstukke;
    • Westminster Geloofsbelydenis – dit is geworteld in die rykdom van die
      Calvinistiese reformasie soos deur onder andere John Knox aan die Kerke van Skotland oorgedra is.  Hier is die Engelse vertaling daarvan: Westminister Confession sowel as die Westminster Shorter Catechism.
     

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie, Jan. John Walton, bekende en gerekende Ou Testamentikus, sê, ons moet altyd onthou dat die teks geïnspireer is en uitgelê moet word. Ons is nie geïnspireer nie. Ons kennis is nie geïnspireer nie. Daarom doen ons die teks geweld aan as ons ons eie menings inlees in die teks, of ons kennis gebruik om die boodskap van die Bybel te verander of verwerp.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Chris,
    Die rede van Moses is ingebed in historiese werklikhede. Ek het waardering daarvoor dat jy dit geskiedenis noem. Ek kan nie verstaan dat die teologie in ons tyd, hierdie geskiedenis wil vervang met onsekere mondelinge oorleweringe wat eers in die ballingskaptyd neergepen is as die “verhaal” van Israel nie.

  • Avatar

    Fanie van Emmenes

    |

    Goeie dag, ek sien met verwagting uit na die studie oor Deuteronomium, vrede vir jou en die gemeente wat God aan jou toevertrou het.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Ria. Nog nie, behalwe dit wat ek hier in Openbaring en in die profetiese rede van Matteus (en die ander plekke in die evangelies) en in Paulus se briewe aan die Tessalonisense kwytgeraak het. Jy sal dit daar kan opspoor.

  • Avatar

    Ria vd Merwe

    |

    Hi Ds. Chris,

    Baie dankie vir al die wonderlike inligting! Ek wil graag hoor of daar ‘n studie is oor die
    wederkoms?

  • Avatar

    Dirk Botha

    |

    Hoe maak ek om die Bybelstudie oor die boek Romeine te bekom?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Amanda. Hebreërs 6:2 praat in die Grieks van βαπτισμῶν, wat “dope” beteken. Dit word in die NAV en OAV verkeerdelik in die enkelvoud vertaal.
    Jy sal dit bv. in die NIV reg vertaal kry met “cleansing rites” of in die voetnoot daarby met “baptisms”. Vandaar my verduideliking dat dit met Joodse reinigingsgebruike of inlywingsrites sowel as die Christelike doop verband kan hou. Die verwysings is in my bydrae.

%d bloggers like this: